Tuisblad

Written by


 KruisEnSirkelRB200


Welkom! Kom staan in die Kring!

Baie mense het al ervarings met God, die Hemel en Engele gehad. Elke oomblik van die lewe is ons omring deur die wonderlike teenwoordigheid van Wesens ver groter en heerliker as ons klein mensies. Hier op Die Ligsirkel Van Hemele En Aarde webwerf kan enige iemand sy ervaring met almal deel en so help ons om mekaar te versterk in die Geloof en Liefde. Ek as skrywer van hierdie webblad ervaar elke dag en nag die Heerlikheid van Ons Hemelse Vader en SY Engele en dit is onder Hierdie wonderlike leiding dat hierdie plek geskep word waar ons almal saam kan verkeer in die Heerlike Ligkring van Hemele En Aarde sodat Die LIG in almal se harte kan skyn en die Aarde om ons kan verlig.

As ons met die Hemele saam werk kan die Wonderlikste dinge hieruit voortspruit. Hier kry jy die geleentheid om jou ervaring te deel of te vra vir gebed of sommer net in die Liefde te verkeer.

Jy kan Kruisiging250jou kuns, fotos,videos en musiek met almal deel en nuwe mense ontmoet. Of plaas ‘n “link ” na ander webtuistes sodat ons as kinders van die Lewende God met mekaar kan verbind. 

Kom ons versprei SY LIG sodat die duisternis kan verdwyn. Dink net, geen haat, geen oorlog, geen vrees, geen dood...  Op hierdie webtuiste sal GOD SY sê deur SY kinders sê! 

Daar is net Een Verlosser, Een wat opgestaan het uit die dood en Een wat kan red - kom ons gee Alle eer aan Hom!