Gedigte / Geskrifte

Gedigte / Geskrifte (31)

Tuesday, 14 January 2020 14:01

Winters Klip

Written by

Kleine klippie waar is jy

Uit die rivier se mond gespoel

Kleine klippie kyk om jou

Dis die sout van die see wat jy proe

 

Branders wat op jou val

Geskaaf, geskuur en gevorm

Maar selfs daar is jy veilig

In die grootste sterkste storm

 

Hoe verlang jy na jou moeder

Hoe wens jy jy kon swem

N berg van vele kinders

Min klippies sal haar herken

 

Klou jy aan moeders skoot

Op berg, in rots, winters klip is jy

Gebind deur n liefdes wil

Jou pad sal jy nog kry

 

Van jou berg het jy geval

Duisend stukkies, duisend lief

Soos Arend val na sy prooi

Besef jy jy kan vlieg

 

Winters klip jy loop lig

In jou stapel sal jy rus

Winters klip n harte kind

Loop jy net in die lig

Monday, 23 December 2019 15:27

Hemelse Blom

Written by

Diep uit die dorre aarde, 

vergader in stof.

Van die fynste edelstene, 

tot 'n klip, hard en grof.

 

Vloei minerale omhoog, 

van wortel tot groene blaar.

Gesuiwer in stam kanale,

deur 'n siele liefdes aar.

 

Die wêrelds gemaakte mis,

gevoed deur waters uit 'n wolk kolom.

Kan die kleinste swakste deeltjies,

verander in die mooiste hemelse blom.

 

In 'n oogwink kan 'n blom verlep,

vergruis in 'n hand vir alle tye.

Maar eenvoudig omvorm tot heuning,

deur die erns van 'n swerm bye.

 

Die orde in die natuur, 

laat alles om jou leef. 

Van die roep van 'n arend voor skemer, 

tot 'n vissie wat 'n sirkel weef.

Monday, 23 December 2019 15:12

Ons vir JOU by Paardekraal - die lied

Written by

Voel die gekraak van die speke 

Hoor 'n perd se galop in die reën 
Sien die harte van broeder liefde
'n Smag na 'n kroon en 'n seën. 
Ons voorouers harte berou 
Oor ons die Gelofte nie hou
Dis die begin vir U By Paardekraal 
Dis die begin vir U By Paardekraal
Dis die begin vir U By Paardekraal
 
Kleure wat in ons verenig
Die wolke wat voor berei 
Ons GEES stort 'n Traan dis fonteine 
Ons GENERAAL is hier om te bevry 
Die liefde en waarheid vermenig
Die krag en die weisheid verenig 
Dit is tyd vir ons by PAARDEKRAAL
Dit is tyd vir ons by PAARDEKRAAL
Dit is tyd vir ons by PAARDEKRAAL
 
Waar staan ons nou is ons waardig?
Dis 'n Hemelse KONINGS laer  
Perfek is ons nie al wou ons
In vlees of in gees ons is daar!
Hier staan ons vas in U, EENDRAG 
'n laer gevorm in U, ALMAG
Ons trek laer vir U by Paardekraal
Ons trek laer vir U by Paardekraal
Ons trek laer vir U by Paardekraal
 
Smeek vir 'n volk se krom paaie 
In die gees maer en ondervoed
Vergewe ons wees ons genadig 
Was ons skoon met U kosbare BLOED
U is ons enigste bevryding 
U skapies se hemelse wyding 
Dit is ons volk vir U By Paardekraal
Dit is ons volk vir U By Paardekraal
Dit is ons volk vir U By Paardekraal
 
Maak oop die hemele help ons
Trots staan ons nederig en klein
O my siel wat 'n magtige dreuning 
Om my lampie vir U te laat skyn
Die lig is so helder ons bewe 
Vir nog olie sal ons bly strewe
Laat ons skyn vir U By Paardekraal
Laat ons skyn vir U By Paardekraal
Laat ons skyn vir U By Paardekraal
 
 
In U HANDE soek ons nou skuiling
Toe gevou met ons GENERAAL 
Met ywer sal ons hierdie taak doen 
Ons vir JOU by Paardekraal 
Die wiel rol nou HY's onkeerbaar
Vir ons volk staan ons in ons is weerbaar
Ons is vir U, EK IS, by Paardekraal 
Ons is vir U, EK IS, by Paardekraal
Ons is vir U, EK IS, by Paardekraal
Monday, 16 December 2019 21:29

Maak gelyk die pad

Written by

Kan ek water uit 'n klip uit tap,

En dit drink met geloof?
Kan ek 'n berg skuif met een voorarm, 
Deur 'n denk uit my hoof?
Kan ek 'n hele wingerd laat blom? 
Maak gelyk die pad van JAHWEH, HY kom
 
Wat is die grote van die son,
Deur ń kurwe van 'n lens bepaal?
Watter rigting waai die wind,
Kan ek haar uit die klowe loop haal?
Die wonders van U natuur maak my stom!
Maak gelyk die pad van JAHWEH, HY kom
 
Kan ek spore in die woestyn in trap,
Sonder dat U my dra?
Kan ek U genade met my stem getuig,
As iemand my sou vra?
Sonder U is al my paaie krom 
Maak gelyk die pad van JAHWEH, HY kom
 
Maar ek kan eerlik sê ek het U lief 
Uit die oog van 'n kind
Soos silwer riviere was my skoon 
Versier my met U bloed rooi lint 
Deur U alleen in my brand  ń vuur 
Maak gelyk die pad van JAHWEH, HY IS hier
 
 

 

Monday, 16 December 2019 04:52

Ons vir JOU by PAARDEKRAAL

Written by
Voel die gekraak van die speke 
Hoor 'n perd se galop in die reën 
Sien 'n broederlike liefde uit harte
'n Smag na 'n kroon en 'n seën. 
 
Kleure wat in ons verenig
Die wolke wat voor berei 
Die GEES stort 'n Traan dis fonteine 
Ons GENERAAL is hier om te bevry 
 
Waar staan ons is ons waardig?
Dis 'n Hemelse KONINGLIKE laer  
Perfek is ons nie al wou ons
In vlees of in gees ons is DAAR!
 
'n Smeek vir 'n volk se kronkel paaie 
In die gees maer en ondervoed
Vergewe ons wees ons genadig 
Was ons skoon met U kosbare BLOED
 
Maak oop die hemele kom help ons
Trots staan ons nederig en klein
O my siel wat 'n magtige dreuning 
Om my lampie vir JAHSHUA te skyn 
 
In U HANDE soek ons skuiling
Saggies toe gevou in GENERAAL 
Met ywer sal ons vir U ons taak doen
Ons vir JOU by Paardekraal 

 

Tuesday, 03 December 2019 14:41

Geloof

Written by

Jong verkoopsman bevind hom

by ń ou boere huis

Gretig om te handel

voor skemer sy gesig kom wys

Met groot vertroue verkondig hy

produkte vir elke kwaal

Maar die oom se oë staar vêr 

oor vlakte, berg en daal

 

Mediese plan stel die jong man voor

wat na alle siektes om sien 

Versekering wat alles dek

selfs die sitbank se leer riem

Sekuriteit vir beskeriming

selfs hier op die stoep

ń pensioen wat goed sal sorg

Tot die benetuin jou roep

En laastens ń spaarplan

vir vakansie hier en daar

Maar die jong man probeer vergeefs

Die ou oom sit net en staar.

 

Stadig staan die oom op

ek het genoeg gehoor

Kyk net om jou jong man

het ek iets om te verloor?

Jy sien ń medies het ek

En dit sal alles dek

My pensioen is massief 

gebêre op n veilige plek

My spaar plan groei uitstekend

en die rente smaak so soet

Met elke ekstra geldjie

kan ek met brood baie voed

Verseker is ek wel

vir huis en kar en bril

Skade vrees ek geensins

En vir alles betaal ek nul

 

Die jong man spring geskok op

Dit kan ek nie glo!

Vertel my meer van hierdie plan

ek wil graag meer van dit hoor!

 

Jy sien jong man my medies

is ons VADER groot

Enige siekte kan HY

met gemak uit jou pad uit stoot

My pensioen betaal ek aan HOM

en SY konigkryk is my bank

Die benetuin sal my nooit sien

ek kan HOM net daarvoor dank

Beskerming is daar in oorvloed

Engele wat my omring 

Toegewyd werk hul elke dag

om ons KONING alle eer te bring

Vakansie soek ek gladnie

ek sal wel bly spaar

My spaarplan is SY LIEFDE

my vakansie by HOM bewaar

Versekering die het ek

so gaan my lewe voort

Hoe kan ek ooit skade lei

as alles aan HOM behoort?

 

Die jong man begin te huil

ek soek dadelik ook so plan

Hoe kan ek dit ook kry?

sê my of ek kan?

EK sien ek is my lewe lank

liederlik beroof

Jong man dis so maklik

Dit kos net ń klein bietjie GELOOF.

Saturday, 31 August 2019 04:38

Luister na die Roepstem

Written by

Spits die oor versigtig, n sagte windjie suis

Hoor liefdes klanke deur knegte

Dra jy nog twyfel aan jou kruis?

 

Glo ons met ons hele wese? Het ongeloof ons beset?

Broer en suster ons Liewe VADER

Het n dogtertjie in die woestyn gered.

 

Luister na die roepstem, in geloof word ons gedra.

Sal ons lewe? sal ons sterwe?

Net vir JOU JAHWEHSHUA

Thursday, 29 August 2019 15:19

Vrees jy nie!

Written by

In donker strate dwaal ek

my vledskoen is gedaan

Verblind deur die wereld

Sal my staf moet bly staan

 

Ek loop en loop en struikel

Die os is moeg getrek

Die pad sal ek nooit uitklim

Sonder om my bruin pak aan te trek

 

Daar is skuiling in jou kraal

jy sal water en brood daar kry

Los geen skapie buite

Al dink hul buite is hul vry

 

Selfs daar binne sal ons gejag word

maar ons het niks om te vrees

Die kraal se deur is onbreekbaar 

Tog wil min daar binne wees

 

Groot oog staan die skapies

wagtend in die kraal

Smag hul na hul Herder

Toe kry hul n GENERAAL

 

Die jakkals se mond kwyl woedend

lustig tree vir tree

hy hoop dat jy van jou perd sal val!

Maar jy sal val net tot op jou knieë 

 

Vir oorlog is ek nie reg nie

salueer ek U en juig

Vrees sal ek nie meer nie

Die hele wereld sal voor U buig

Saturday, 17 August 2019 20:53

Bitter boeretroos

Written by
Bitter Boeretroos weergalm teen die kruin van n berg
Wanneer gaan jy leer wanneer gaan jy ophou terg?
 
Bitter Boeretroos vergete in homself geword
Vergeet jy die bloed sweet op dié aarde gestort?
 
Elke dag is jy met 'n traan geseën
Hoekom wil jy kners hoekom wil jy ween?
 
Elke dag is jy met liefde gesalf
Wanneer los jy die "ek", wanneer los jy die kalf?
 
Bitter Boeretroos sal jy jou broer laat vergaan?
Hoe sal jy dan ooit die liefde van 'n moeder verstaan?
Wednesday, 06 March 2019 07:13

Die Mier

Written by

Raak stil in die wildernis miertjie 

hoor die groot diere gons

verdwaalde krieke tjir doelloos 

in die laat middag sons

 

Wees versigtig liefste miertjie

waarokal jy stap

kosbaar is jou werke

daarom wil die diere op jou trap

 

suur verskroeide vrugte

aan n boom gewys

op n uitgedroogte takkie

sit n vaal kraai en krys

 

Desperaat skreeu die kraai

en stamp sy snawel teen 'n ROTS

raak hy stomp van dwaasheid  

en die mier staan nog in trots

 

Self gemaakte wyn

waaraan die oerwoud smul

dowes volg dit houtgerus

so deur n LEEU se BRUL

 

Die diere kraai nou koning

blindes geniet die gif

op onvrugbare grond val dit

die koring word van die kaf gesif

 

Versigtig deur die oerwoud miertjie

waar alles lustig sis

eensaam en verlate

sal jy die brakste water mis

 

Maar Ons water is die lewe

vloei suiwer oor sewe klip

jy dink jy wandel eensaam

tog standvastig is Ons skip

 

Laat die diere rustig gons

die derde haan bring 'n geween

in die diepste liefde spreek dit

vir elke kraai, kriek en steen.

Page 1 of 3