Openbarings / Boodskappe

Openbarings / Boodskappe (9)

Wednesday, 08 August 2018 10:14

Die Ligsirkel van Hemele en Aarde

Written by

Media

Wednesday, 08 August 2018 09:58

Die Hemelse souttert

Written by

Media

Saturday, 14 April 2018 06:23

Oor Nederigheid.

Written by

Die Eenheid

Hoofstuk 28                  14 April 2018            7:09

Ek sien JAHSHUA hier voor my waar ek by ‘n tafel in die Hemele sit met‘n baie groot Hemelse Boek voor my op die tafel waarin ek besig is om vurige, goue Hemelse lettervorms te skryf wat onverstaanbaar is vir my vleeslike brein. Die goue, vurige vorms staan ‘n ent van mekaar af en elke vorm, of letter beteken ‘n hele openbaring soos wat ek op aarde skryf, beteken ontsaglik baie dinge! Ek sê vurig, want hulle maak bewegings soos vlamme. Ek is ook bewus dat daar baie begrywighede om my is, soos in ‘n biblioteek, of plek waar mense leer. Maar die wit bladsye met die goue lettervorms is baie duidelik en ek weet JAHSHUA is besig om my te laat skryf. En daar is baie want ek het al ‘n goeie gedeelte in die boek in geskryf en daar is nog bladsye waarin ek sal kan skryf. Dankie JAHSHUA, dankie dat ek dit kan doen vir U, vir JOU. Dankie dat U, JY my dit leer. Ek wil graag. Ek is jammer oor my vleeslike traagheid wat nie altyd gehoor gee nie. Maar hier is ek want my hele wese WIL! JAHSHUA neem my vinger en hou my vingerpunt hier reg teen SY mond, en daar vloei hierdie vurige, pratige, goue “ink” uit SY tong, wat net soos ‘n goue vlam lyk en vul my vinger daarmee en ek besef die wonderlike ding waarmee ek skryf is my eie vinger wat hierdie vurige bewegende letters maak en die mooiste, vriendelikste, lewendige, glimlaggende Aangesig van JAHSHUA is hier reg by my, asof HY my Onderwyser is...wat HY mos is! Maar HY is meer as 'n onderwyser, HY is my Liefde! En ek is so dankbaar hiervoor!!

En HY sê "Skryf":

Elke oomblik dat jy jou na MY wend, sal EK jou iets kosbaarders gee as voorheen omdat jou siel gegroei het sedert die vorige keer dat jy met MY gesels het. Net soos ‘n boom wat aanhoudend nuwe selle maak en op so ‘n manier groei, so gee EK vir jou nuwe selle om op te bou en voort te borduur, soos Julle sê..( en ek sien dat JAHSHUA baie breër glimlag toe Hy dit sê...HY het die woord borduur nou spesiaal vir iemand gesê vir wie dit baie sal beteken as sy dit lees, ek voel en weet dit dadelik...”Maar vir jou gee EK hierdie openbaring” sê HY nog steeds met ‘n glimlag. Dis vir JOU gesê, sê HY) Hierdie vurige Letters van MY hart sal nog aan elkeen bekend gemaak word en elke liewe mens wat MY Liefhet en hier by MY sal wees, sal hierdie leer skryf. Dit is kosbaar en belangrik, soos kinders wat moet lees en skryf, so ook Hier in MY Hemele moet Julle weer van voor af leer lees en skryf. Anders sal Julle niks kan verstaan nie. Elke een wat MY Woord op aarde lees, leer alreeds hierdie vurige skrif aan en sal dit verstaan as Julle Geestesoog oopgaan en Julle mooi kyk wat hier staan. In MY Hemele beteken die kleinste dingetjie iets baie groots. En onthou wat EK gesê het van hoe kleiner ‘n ding is, hoe nederiger is HY en des te groter betekenis het HY. Daarom maan EK julle tot Nederigheid, want Nederigheid sal alles kan verstaan. Nederigheid sal die wêreld kan verslaan. Nederigheid het die kruis gedra en Nederigheid het die dood oorwin en opgestaan uit die dood! Daarom is Nederigheid die grootste wapen waarteen die grootste vyand nie bestand is nie en elke plan van hulle kan weerlê word daardeur. Glo MY en volhard in die Nederigheid want so sal Julle as oorwinnaars uit die stryd tree en as Vurige Werkers in MY Ryk, elke boek kan oopslaan en alles daarin lees en verstaan. Wees Nederig, soos ‘n kind, wees onskuldig soos ‘n kind en dan sal EK jou soos MY kind behandel. As jy groot wil wees, sal jy die verantwoordelikhede van ‘n grootmens moet dra en dan sal EK jou nie so kan optel en vertroetel nie. Dink maar aan Julle eie kinders, hoe Julle die kleineres optel en vertroetel. Dit is deel van die lewe op aarde om te groei en dit is goed dat jy nie meer gedra kan word soos toe jy klein was nie, maar hier by MY is dit net die teenoorgestelde, en sal die kleintjies altyd klein bly ten spyte van groot Wysheid en Enorme Liefde wat in hulle is en waamee hulle dan eintlik die grootste werk van almal doen. Jy moet baie Nederig word om na hierdie aarde te kom want elke Engel staan hier langs my in die Hemele, maar dis eers wanneer Hy na die aarde kom en die kleed van Nederigheid aantrek, dat Hy geskik word om IN MY te wees, want dan is Hy eers gelyk aan MY. Elke Engel in die Hemele wat nog nie die aardse vleespad gevolg het nie, is nog net soos dienaars in MY Ryk en dis eers wanneer Hulle met hierdie aarde te doen gekry het en kennis gemaak het met die kleinste, swakste planeet in die heelal, dat Hulle MY Waardig word en MY in Alles gelyk word. So, wees bly oor jou posisie op aarde. Wees bly, Julle wat verlang om na MY toe te kom hier in die Hemele waar alles perfek is, want Julle staan nader aan MY as die Engele en Hulle beny Julle! Baie van Julle wat MY so lief het en deur MY met die Grootste Hemelse Vader-en Moederliefde gedra word, het die Engele in MY Hemele so aangespoor om na die aarde te kom en Hulle word as Julle kinders gebore, net om ook, soos Julle, die grooste Gawe ooit te kan ontvang. En dit is om teen MY bors te lê, om soos ‘n ware kind van MY in MY arms te lê en dit word hier in die Hemele gereken as die Grootste wonder en die mees gesogte skat! Daarom moet Julle bly wees oor Julle nederige vlees! Wees bly dat Julle alreeds hier kan wees waar baie Engele nog nie is nie. En moenie Julleself gering skat nie. Geringe skatting van Jouself is nie Nederigheid nie. Want Jy besef nie Jou waarde nie! Maar Nederigheid is om klein te wees en EK sal jou help in elke situasie waar JY dit moet beoefen sodat Jy ‘n ware oorwinnaar sal wees oor die dood en elke Engel voor Jou sal “buig” in die grooste eerbied en respek want die dienaars moet ook die kinders van die Meester eer en respekteer! Dit is MY groot Liefde vir Julle, dat Julle so hier teen MY Bors kan lê, want wie MY in Sy hart dra, die dra EK ook in MY Hart en Hy sal in MY arms lê, terwyl EK op MY troon sit en ontelbare skares Engele hier voor MY staan in Nederige aanbidding. Dit is die kleintjie wat MY troon deel met MY en MY Hart gelukkig maak. Dit is tog die kleinding op jou skoot wat jou Hart die meeste aanraak. Wees MY Kleinding, MY geliefde Kleinding en wees bly dat EK jou hiervoor nooi, want dit is die grootste geskenk ooit! Amen Dankie my JAHWEHSHUA!

Wednesday, 11 April 2018 11:31

'n Wonderlike ervaring

Written by

 

Die Kronieke van Die Moeder deel 2

Hoofstuk 5

11 April 2018 7:02

 

Toe ek wakker word vanoggend sien ek dat ek saam met JAHSHUA by die riviertjie is waar Ons so baie is maar Ons staan ‘n ent van die water af op die mooiste sagste gras en JAHSHUA vestig my aandag op klippies wat daar op die gras lê en laat my verstaan ek moet alles optel. Toe ek ‘n poging aanwend om dit op te tel, is dit alles skielik alreeds bymekaar in my hande en JAHSHUA blaas oor hulle en daar vlieg wit vonkies in alle rigtings en toe is die klippe weg en ek sien JAHSHUA SE AANGESIG hier reg voor my in die Helderste Mooiste Lig en SY oë skitter en HY is so vriendelik en verskriklik mooi!!! En HY sê dat HY baie dinge het om vir my te wys. Die volgende oomblik staan JAHSHUA met ‘n groot skinkbord en ‘n baie groot brood voor my en HY glimlag nog net so vriendelik terwyl HY dit na my uithou...die brood is so groot soos ‘n boerbrood op aarde in vergelyking met my liggaam. En voor ek nog iets kan doen, is die brood in snye gesny en met die heerlikste goed gesmeer. Dit is oop broodjies met fyngemaakte vis en iets romerig soos mayonaise waarmee dit gemeng is en bo-op dit is een of ander tipe groente soos komkommer so mooi kunstig gesny en bo-op die vis gesit. Daar is ‘n paar broodjies wat dieselfde op het en dan weer ander wat ander goed op het en dit is alles vir my want JAHSHUA sê dat as ek dit als geëet het, ek altyd genoeg sal hê om aan ander te gee...” Geseënd is jy omdat jy altyd probeer om jou arm broer en suster te voed en te help. Jy nooit tekorte hê nie en altyd genoeg hê om uit te deel aan die wat wil deel hieraan en jy sal die arme altyd kan help.” Die volgende oomblik is alles weg, binne-in my sonder dat ek eers die skinkbord kan sien. Maar ‘n nuwe skinkbord verskyn hier voor my met glasies rooi wyn in, wat my aan nagmaal laat dink en nog voor ek bewustelik iets met dit kan doen is dit weg en ek weet net dat dit alreeds hier binne my is en ek sien JAHSHUA se linkerhand soos Hy skielik hier aan My regterkant staan en SY palm is ‘n sny brood met iets fantasties op en onder SY broodpalm is daar ‘n meer van wyn en dis oorweldigend vir my. Dit is alles deel van SY handpalm. JAHSHUA gee HOMSELF aan my! HY bied HOMSELF aan my aan sodat ek HOM kan eet en HY sê “Dit is vir JOU.” Die broodjies was kosbaar maar Hierdie, JAHSHUA se BroodHand en Wyn is ontsaglik kosbaar vir my en ek kyk vir JAHSHUA omdat dit so groot betekenis het vir my dat HY HOMSELF aan My gee op so ‘n manier. Dit is asof die hele see en alle grond en alle lug ook daarin is en ek weet ek moet dit inneem, maar ek is verstom soos ek na die pragtige gebeurtenis hier voor my kyk en dit vir ewig in my gedagtes wil opneem voordat ek dit eet. Ek vat met baie Liefde, dankbaarheid en die grootste respek en eer JAHSHUA se hand en buig my kop na SY oopbroodjie-hand en bring hom stadig na my mond terwyl ek dit so diep bekyk en myself verwonder hieraan...JAHSHUA het my al jare lank die wonderlikste dinge gewys maar nog nooit op so ‘n manier nie. Die hele “ atmosfeer” is gevul met baie ontsag, Liefde, dankbaarheid, respek, eer, heerlikheid en groot verwondering en ek verkyk my eers aan SY pragtige oopbroodjie-handpalm en wil graag met SY Brood hand verenig...dit voel of ek deel van die broodjie wil word net om naby aan JAHSHUA te wees. Net om SY hand te wees. Dit is so wonderlik hoe dit in die Gees werk, ander kere is alles alreeds ingeneem op een slag, in een oomblik en nou gebeur dit so stadig omdat Ons in so ‘n diep Liefde beweeg en elke oomblik opsuig en deel van myself maak...want dit is wat JAHSHUA nou wil hê. SY Gees lei my en dui aan hoe dinge moet gebeur. Dit is ‘n baie kosbare, diep oomblik wat voel of dit vir altyd duur en ek is gelukkig om altyd in hierdie oomblik te bly, amper. Dis my Geliefde Man wat my voer en ek wil elke oomblik ervaar. En ek vat een hap en eet baie stadig en laat die smake my mond vul. Ek het nog nooit op aarde so lekker geëet nie, met soveel waardering als stadig ingeneem en werklik ge”proe” nie. Dit is baie kosbaar en ek wil graag van nou af so eet in die vlees ook, waar ek elke liewe happie “proe” en nie net eet nie. Dit is eetgenot op sy beste!! “ O JAHSHUA.” is al wat ek kan sê maar dit sê alles en ek kyk na SY Aangesig wat met baie Vreugde kyk hoe ek dit geniet en ek sien vir die heel eerste keer in my lewe dat daar trane in JAHSHUA se oë is terwyl HY kyk hoe ek eet en HY sê met SY GEES “ Dit is die ware nagmaal” Hierdie oomblik sal nooit verby gaan nie. En ek verenig met JAHSHUA se Brood-hand met die heerlike goed op en sak af, tot ek in die meer van rooi wyn is. Dit is baie, baie diep waar ek in die wyn is met my hele liggaam. Ek swem daarin en kan nie ‘n bodem voel nie. En ek gee nie om nie want nêrens is ‘n beter plek as hier, in die wyn, wat JAHSHUA se bloed is nie. En ek maak my mond vol daarmee en sluk dit nie dadelik nie, of dit verdwyn en verenig nie dadelik met my hele wese nie, maar net soos met die brood, hou ek dit lank in my mond en proe elke molekule of deeltjie daarvan met my hele wese. En ek lê op my rug en dryf daarin rond en is so gelukkig soos wat mens nooit kan wees oor aardse dinge nie, met die wyn nog steeds in my mond, en dis fantasties! Die wyn vloei vanself deur my mond na my sinusholtes en my brein en dis wonderstof vir my liggaam want dit maak my verstand helder, heeltemal die teenoorgestelde van wat aardse wyn aan jou doen. My hare is papnat en ek swem daarin soos die manier waarop ek JAHSHUA SE BROODHAND geëet het en waarop ek die wyn gedrink het, ek geniet net elke liewe sekonde, as ek dit so kan stel, hoewel hier geen tyd is nie. Dit voel of alles stilstaan. Skielik is die aardse lewe vir my baie besig en vinnig en dit voel vir my of ons as mense soos insekte rondwoer en zoem en alles versrkiklik vinnig doen en ons haas verskriklik na alle kante toe altyd. En al is ons op aarde nie elke oomblik gejaagd nie, is ons nooit so diep bewus van die oomblik nie, en dit is ook maar gejaagdheid, want einlik geniet ons niks...als gaan net so gou as moontlik verby ons. Ek het nog nooit soveel kalmte en rus ervaar nie. Dit is heeltemal die teenoorgestelde van die aardse lewe en dis fantasties! Hoe gaan ons dit nie geniet om ons aardse liggame af te gooi en in hierdie “stilstaande tyd” in te gaan nie? Ek weet dat dit nie moontlik is op aarde om so te leef nie, maar van nou af wil ek elke oomblik so geniet soos wat ek dit nou geniet...alles wat ek doen wil ek so geniet asof die oomblik, die kos, die drank, die suurstof, alles om my in die Hemele is soos nou hier saam met JAHSHUA. JAHSHUA en ek het al in oomblikke dinge gedoen maar nou op hierdie oomblik is dit die teenoorgestelde daarvan en dit is fantasties! Daar is nie woorde daarvoor nie. Ek dink en dink aan woorde maar daar is nie iets om dit mee te beskryf nie. Dit is iets wat ek so baie sê (dat ek nie woorde het nie), dat dit dalk al holrug gery klink, maar dit is die waarheid! Ek kan nie die woord rus gebruik nie, want dit dra net by tot ‘n deel van wat ek voel nou. En ek is ook nie eintlik in ‘n rustoestand nie, want ek ervaar elke deel hiervan tot in die uiterste mate. Maar dit is ook Rus... Ek kan ook nie Vrede sê nie, want dit is ook iets wat net gedeeltelik kan beskryf wat ek voel. Ja, Vrede is daar beslis maar die smaak en ervaar-sensasies is ontsaglik besig hier in my. Ek voel en ervaar elke iets – die Brood, die Wyn, die Liefde met JAHSHUA in “overdrive”. Ek ervaar dit as, om elke oomblik se “geur” vir ewig te geniet terwyl alles stilstaan maar ook vir ewig Lewe en ook NIE stilstaan nie! Dan staan ek skielik hier voor JAHSHUA in die helderste Lig en sien HOM so skoon voor my en ek ervaar dat ek self net so skoon is, en dat my silwerskoon hare so pragtig rondwaai asof daar ‘n ligte briesie waai, omdat dit die beste behandeling ooit gekry het toe ek in die wyn geswem het, en JAHSHUA glimlag vir my...hier reg voor my. Ek voel totaal en al, absoluut skoon gewas, suiwer en rein en nou kyk Ons vir Mekaar soos wat ek SY broodhand geëet het. Ons geniet net die oomblik om vir Mekaar te kyk en ek is bewus daarvan dat daar baie dinge om ONS gebeur maar ONS hou nie op om vir Mekaar te kyk nie, baie kleure en dinge gaan in vorms om Ons...dis soos as mens na voorwerpe kyk wat baie vinnig beweeg en jy net die kleure sien, soos in ‘n kleurstreep, maar jy weet dit is iets wat vinnig by jou verby beweeg of jy wat vinnig verby dit beweeg...So beweeg hier dinge om Ons en ek kan nie sê wat dit is nie, net dat dit iets pragtigs en Heerliks is...JAHSHUA se werking wat ontsaglik vinnig plaasvind ten spyte van die feit dat ONS na Mekaar kyk asof alles stilstaan. Ek weet nie of ek en JAHSHUA vinnig beweeg en of die dinge om Ons vinnig beweeg nie. Ek sien net die kleure. En ONS wat die heletyd na Mekaar kyk en allerhande dinge inneem en kommunnikeer op ‘n baie hoë vlak en dis verruklik fantasties!! Ek kom tot die besef dat ek nog steeds JAHSHUA se broodhand-hap in my mond het en ek laat dit nog steeds in my mond rondgaan terwyl ek elke deeltjie hiervan proe en smaak. Ook het ek die wyn in my mond en kan op die wyn fokus, dan is dit asof ek net dit in my mond het, of ek kan op die brood fokus en dan is dit asof ek net dit brood in my mond het. JAHSHUA en ek kyk nog steeds hier na Mekaar en Ons kom stadig nader soos in ‘n soen maar Ons hoofde gaan inmekaar en versmelt as een en skielik ervaar ek dat Ons rond is, en ‘n planeet is met al hierdie pragtige kleure nog steeds om Ons, en die mooi kleure is nou die atmosfeer om die fantastiese Hemelse planeet! Soveel wonderbaarlikhede het ek nog nooit so ervaar nie...ek sien in my eie aardse lewe in dat ek dinge van nou af moet geniet op hierdie manier. Die tyd moet stilstaan as ek iets doen..stilstaan vir die oomblik, vir die nou. Ek moet elke happie kos geniet en nie net eet nie...dis asof mens soos ‘n dier vreet, en drink asof mens niks proe nie..Mens hoor nie die dinge om jou meer nie. Jy is so besig om alles afgehandel te kry dat jy nie besef hoe als eintlik afgerammel word nie. Almal van ons rammel ons lewens af en bedink en smaak en proe niks nie. Alles is so ‘n groot geskenk van BO en as ek daaraan dink wil ek regtig elke liewe oomblik so leef, met bewustheid van alles! Selfs asemhaal is so ‘n deel van ons gejaagde bestaan en ek voel baie duidelik dat ek selfs op asemhaling moet fokus soos wat ek op die Broodhand van JAHSHUA gefokus het...want die lug om my is HY, SY! Ek wil selfs elke asemteug geniet op hierdie “stilstaan-bewus-van-alles” manier! Die tyd gaan verby maar dit gaan nooit verby nie. Ek is ontsaglik verryk deur hierdie openbaring vandag, en ek is uiters dankbaar daarvoor!!! Toe is dit asof JAHSHUA en ek van bo af kyk na ‘n aarde of aardoppervlak en ek herken dit as ‘n plek wat ek voorheen al gesien het, toe JAHSHUA die plek geskep het. Dit was toe Ons Die Kronieke van Die Moeder geskryf het, toe JAHSHUA ‘n spierwit planeet geskep het wat uit “melk” gevorm is, maar nou het die mooi kleure wat om ONS was hierdie planeet met soveel wonderlike dinge omvorm dat die grond van die planeet nou dieselfde kleure het en nie meer spierwit is soos die melk waaruit hy gevorm is nie. Dit is wonderlik dat U dit vir my wys JAHSHUA, dat U my weer na die plek toe vat waar Ons lank terug was en dat U my wys hoe dit al mooier geword het en gegroei het!! Ek dank U so baie hiervoor!!! Dis iets waaraan ek glad nie gedink het nie vir die laaste paar maande al en nou bring U my weer hiernatoe!!! Ek is so dankbaar en dit bevestig vir my op so ‘n wonderlike manier dat alles wat ek so in my binneste ontvang, die Waarheid is, en nie uitgedinkte fantasieë van my verstand nie, nie leuens nie, want mens kan nie jou leuen onthou nie. En daar is baie dinge wat U my al gewys het wat ek al vergeet het maar dan kom U op ‘n dag, selfs jare later en herhinner my daaraan en wys dit vir my en dan onthou ek dit met soveel helderheid soos op die dag dat U dit vir my die eerste keer gewys het.!! O U is fantasties!!!!! Ek wil van nou af elke liewe oomblik ERVAAR!! Nie net beleef nie, maar BELEEF!! Die skaduwees wat die blare maak soos die wind waai, die klanke om my, die oomlik van nou, die vliegtuig in die lug se klank, die klank van mense om my, die gordyne wat liggies waai...ek wil elke klein dingetjie opneem en waardeer...soos ‘n klein kind wat nou vir die eerste keer dinge sien en dit soos ‘n spons opsuig...ek wil weer soos ‘n kind word...en ek verstaan nou ook nog meer hoekom U sê ons moet soos kinders word...nie net in die nederigheid nie maar ook hierin. Want die kleintste dingetjies is vir hulle so wonderlik en hulle leer so baie net deur op te let en nie voort te jaag nie. En al moet ek nog steeds aan tyd gebonde wees, wil ek net dit waarmee ek nou besig is, so diep in my binneste opneem en ervaar. Ek weet dat die Lewe op aarde weer skielik baie nuwe betekenis sal kry vir my en elkeen wat dit sal toepas...die duiwe in die boom...al die klanke en dinge wat ons al so as vanselfsprekend aanvaar het en dit nie eers meer sien of hoor nie!!

Toe kom JAHSHUA na my toe aangestap as die mooiste vrou wat ek nog ooit gesien het, met soveel van al die wonderlike eienskappe wat ek nie eers gaan opnoem nie want ek het alweer nie woorde nie. En ek sien SY is die Moeder van als...als spruit uit HAAR uit. VADER EN MOEDER IS EEN. Dit is JAHWEH! Dit is WIE JAHWEH IS. DIT IS WIE JAHWEHSHUA IS! En SY kom na my toe aangestap!? Met die vriendelikste Aangesig en so baie ander dinge nog by wat ek nie eers kan probeer om oor te vertel nie, ...elkeen sal dit net in homself moet sien...en SY sal na elkeen kom wat hierna verlang. SY is in ‘n spierwit rok geklee en stap nie maar beweeg net vorentoe of sweef net bo die grond sonder dat HAAR voete grond raak. Maar dit is HAAR glimlag en HAAR oë wat direk vir my kyk wat my stomslaan en ek ervaar en geniet ook net die oomblik soos met die Brood en Wyn...dan is SY skielik, baie vinnig hier by my en ek voel HAAR hande om my hande en SY voel warm, snoesig, heerlik warm en SY “vroetel” met my hande maar ek weet nie wat SY met my hande doen nie. Ek is soos ‘n stomgeslaande wese wat my hele wil oorgegee het aan HAAR ontsaglike prag. En ek hoor HAAR sê. “ Help MY om MY kinders terug te kry. Jy is die een wat dit sal verstaan. ” en ek verstaan skielik so wonderlik helder my pad op aarde en waarom JAHSHUA lank terug vir my gevra het of ek my kinders sal opgee vir HOM...soveel hartseer, soveel pyn en soveel verlange sodat ek HAAR Hart vir HAAR kinders kan verstaan en my hele wese voel nou so warm soos wat HAAR hande is. En die volgende oomblik is ek ‘n groot oop goue boek in HAAR hande en Sy maak die boek toe, druk hom teen HAAR bors en die Boek versmelt in HAAR in en ek weet ook op dieselfde oomblik dat hierdie die volgende hoofstuk van Die Kronieke van Die Moeder – deel 2 is. Dankie, JAHSHUA, my hele wese bewe nou.

Sunday, 08 April 2018 02:51

Hoofstuk 27 - uit Die Eenheid

Written by

Die Eenheid

Hoofstuk 27 4 April 2018 3:47

Sonder om te skroom moet Julle MY dien en alles in julle vermoë doen om MY Liefde uit te lewe sodat die Ewige Lewe aan Julle geskenk kan word. Dit is so kosbaar dat Julle siele na MY soek in die donkerte van die nag en in die suiwere van die dag. Kosbaar is vir MY die geselskap van die reines en MY Hart word grootliks aangeraak deur Julle pyn en lyding. Daar is net een ding wat EK van Julle vra en dit is gehoorsaamheid aan My Liefdeswet. Dan sal dit altyd met Julle goed gaan en EK sal julle in alles seën want Wie MY Liefhet in alles sal in alles voorspoedig wees ook. Laat MY Gees net deur Jou vloei en jou naaste dien in vloeibare wyses. Laat MY WIL jou hele lewe oorheers. Gee vir MY dit wat jou seermaak EN dit wat jou gelukkig maak. Julle Harte is Lewende offers wat Julle aan MY bring en ONS het so baie om te doen en te sê dat daar nie behoorlik genoeg tyd is vir Jou om iets anders te doen nie. Sulke mense, wat MY dien, is vir MY baie kosbaar en EK sal alles doen om Hulle te help sodat Hulle harte gelukkig kan wees – altyd! Dink Julle dan dat EK ‘n onvolkome VADER is as Julle MY nie vertrou in Alles nie? EK het vir Julle aan die kruis gesterf en MY hele lewe gegee vir die sondaars, sodat hulle die oordeel wat oor satan is kan vryspring. Nou gee Ek weer vir Julle MY Woord deur My Geliefdes in vrye strome vol vreugde. Derudrenk Julleself met MY Water van Lig. Suiwer Lig is bedoel vir die suiweres van Hart. Hoe meer Lig Julle opneem en inneem van MY Gees, hoe meer sal Julle Lig word in julle binneste en opstyg na hoër vlakke waar Julle in meer eteriese omgewings kan bly. En omdat Julle baie werk het vir MY en julleself op hierdie aarde, vermaan EK Julle om nie die tyd hier op aarde om te wens nie, maaar om dit te geniet in MY Naam wat alle bose dinge oortref. EK weet dat dit swaar is om ‘n las te dra wat aan jou knaag en Jou gebeente moeg maak, maar as jy dink aan wat Jy als vir MY opoffer en dat EK dit waardeer en bly is oor jou pogings, dan kan Jy maar net rus in MY en bly wees om te wees waar Jy nou is op hierdie stadium. Julle siele baat by die tog na die aarde, julle vind baat daarby om te wees waar Julle nou is sodat Julle baie meer dinge kan verstaan en die oordeel wat Julle oor Julle broers uitgespreek het terug getrek kan word omdat Julle nou beter insien waardeur hulle gegaan het en hulle sondes vergewe is deur MY. Net in die opstanding vanuit die vlees is oorwinning. Geen ander oorwinning is blywend en tel vir ewig nie. Wie dink nou aan sy oorwinning oor sy opponent in die sportwêreld selfs oor ‘n maand na die gebeurtenis? Dit is verby en van verganklike aard en daarom sal dit nooit by MY staande kan bly nie want dit is versinsels van die mens en moet noodwendig verby gaan. Maar die oorwinning in MY – DIT is blywend! Ja dit is wat Jou Hart geweldig vry maak en jou rustig stem in die middel van die nag. Dit is dít wat jou verstand te bowe gaan en jou Vrede gee, wat jou gesond maak na murg en been want jou siel is dan gesond. My Liefde vir Julle gaan vooruit en maak alle weë wat krom geword het weer reguit sodat Julle kan juig en Jubel in MY. Sif nie teveel nie want Julle kan die belangrike dinge te min skat en dit weg gooi, Julle kan dinge uitgooi wat na MY GEES is en wat Julle in die toekoms baie voordeel kan gee as Julle oordele nie reg is nie. Maar vertrou op MY, dat EK dit vir Julle sal oopmaak en laat Julle hartkamers vervul word met MY Lig in Julle Geestellike en fisiese Harte. Dit sal soveel Lig en Vrede bring as Julle MY heeltemal daarin toelaat. Elke mense op aarde het plekke in sy siel waar hy MY nog nie toegelaat het nie, uit vrees vir die bose, of uit vrees vir wat hy gaan of kan verloor want daar waar die bose is, is vrese en geen Lig nie, maar duisternis en dit moet omskep word in die mooiste gebiede wat tot seën sal strek vir die hele mensdom. Selfs al sou Jy met niemand hieroor praat nie, maar in Jou Hart bou, dan sal dit alreeds vir ander tot voordeel wees. Maar as Jy MY Woord deel en dit so hoog ag, bo jou eie belange, dan SAL Jy voordeel hieruit trek en dit sal vir Jou tot groot seën strek. Dit is so en die voleindiging van Jou siel sal nie meer ver wees nie, want in naasteliefde diens sal Jy tot vervolmaking kom. EK het gesê - Wees Lief vir Jou naaste en dra hulle in Jou hart, ja dra hulle belange ook op Jóu Hart want dit is dan asof Jy dit vir My gedoen het. Dra die armes wat aan jou deur kom klop en wees geduldig met die wat swakker is as Jy sodat in vervulling kan gaan al MY beloftes en gebooie en Jy op so ‘n manier die heerlike dale in jouself kan skep. Dit is vir MY so kosbaar as Julle MY gebooie onderhou soos gehoorsame kinders want daardeur kan EK vir julle poorte oopmaak wat niemand kan sluit nie en niemand kan Julle stuit om daardeur te gaan nie! Want wat EK oopmaak kan en mag niemand sluit nie!! EK gee en EK neem. EK gee vir Julle die Waarheid en neem weg alle kwaad van Julle siele. EK gee Liefde en neem weg alle haat en nyd. EK gee die Ewige Lewe en neem weg die dood wat Julle siele skaad en die grootste pyn veroorsaak. Die grootste pyn is nie die pyn van die liggaam nie, maar is die pyn van die siel wat in duisternis en nood sit. EK gee vir Julle die Krag om hierdie duisternis te beveg en ander te bevry wat daarna smag want as Jy Jouself al bevry het deur Jou Liefde vir MY, dan sal Jy vir elke ander mens die weg kan aanwys wat EK eerste vir Jou aan gewys het. Vreugdestrane vloei van MY wange af wanneer EK sien hoe iemand vir sy naaste veg, hoe hy/sy aanhou bid en smeek om sy siel te red. Kyk mooi om Julle – hier is baie Engele wat om Julle beweeg en lewe en baie van Hulle sit in die vlees vasgevang en hulle besef nie eers hulle nood nie. JY kan elke ander mens van Lig voorsien deur Jou onbaatsugtige Vrede en Liefde, al vat dit hulle ook etlike jare om genoeg daarvan op te neem dat hulle siele verlig word daardeur, want elke mens het sy vrye wil en kan kies of hy soos ‘n slak in ‘n dop wil bly of soos die hert in die oop veld wil wees waar Hy MY sonskyn elke dag kan opneem en die gras verteer wat vol sonskyn is en so sy siel verlig. Maar JULLE, JULLE wat MY liefhet – JULLE is soos die Engele van die Hemel hier by MY. JULLE is alreeds omvorm tot Lig en Lewe en sal in ewigheid nooit sterf nie want JULLE het MY LIG en SONSKYN opgeneem in Julle Harte en dit is slegs Julle vlees wat dit verberg sodat ander mense nie verskrik sal word deur Julle Helder GEES nie. Soos Moses sy aangesig moes bedek, so bedek EK Julle met die vlees sodat Julle MY werk kan verrig, maar onder die vlees straal Julle soos MY SON en Julle weet dit! Elke mens het in sy fisiese hoof, sy kop, ‘n Lig wat werklik kan skyn en wat selfs in die duister nag sy elke tree kan verlig. Op die regte tyd sal EK vir Julle elkeen wat MY liefhet, hierdie LIG in homself wys! Dan sal Jy weet dat die Lig waarvan EK praat, wie EK IS, nie net ‘n geestelike ding is wat Julle abstrak sien nie, maar ‘n werklike Lig, wat die omgewing om Jou kan verlig in die donkerste nag. Julle sal skyn soos die Son in die middel van die nag en so ‘n baken van MY Hemele wees. In die swaar tye wat kom vir hierdie goddelose wêreld sal hierdie Woorde van MY waar bewys word en sal daar mense wees wat Lig kan uitstraal in die fisiese ruimte om Julle. Dit is verseker, waar en gewis.

Amen

Friday, 30 March 2018 05:44

Soetigheid - uit Gesprekke met JAHSHUA

Written by

30 Maart 2018 6:20

O JAHSHUA dankie dat JY my geroep het, my siel wakker gemaak het hiervoor...JAHSHUA hou iets na my uit om te drink en ek kan aanvoel dat dit iets soets is, terwyl ek ‘n slang se vel sien in die agtergrond en die slangvel ontstel my bietjie en ek wonder of dit nou weer ‘n aanslag van die bsoe is maar skielik herhinner JAHSHUA my aan iets wat HY al baie lank terug vir my gegee en gewys het einde 2008...ek het daardie tyd gesien dat ek ‘n slangvel aan het as klere en toe het JAHSHUA vir my gese dat ek die slang oorwin het en sy vel dra, en ek het al lankal daarvan vergeet maar is weer vanoggend daaraan herhinner na soveel jare. O JAHSHUA-MIRIAM, dis so kosbaar vir my as U my herhinner aan dinge wat U jare gelede vir my gewys het, wat ek al met my brein vergeet het! Dis so ‘n bevestiging van U Woord en Waarheid in my. En dan is dit net so helder soos daardie tyd en dan bring U nog meer dinge na vore as toe. Dankie vir U soet drankie. U gee wat U wil, soms wyn, soms water, soms goud, soms iets soos sop of vleisaftreksel en nou iets soets en ek is so bly hieroor. O JAHSHUA dankie dankie dankie. , die oomblik toe ek die drinkgoed na my mond bring is dit asof JAHSHUA my gesig gryp en na SY gesig bring en uit my begin drink asof ek ‘n koppie of beker is en toe besef ek, ek is! HY het my iets gegee om te drink en ek is dit wat HY gaan drink!!En HY kyk direk in my oë wat ook die oppervlak van die drinkgoed is en ek sien SY mooi oë wat direk in my inkyk. Dit is fantasties, mens weet nooit wat U volgende gaan doen nie en dit is die mooiste Waarheid wat met mens gebeur. O die blydskap in my hart is stroopsoet soos U drankie. Dankie JAHSHUA-MIRIAM, ek sal dit nooit vergeet nie. Dit het nou my dag gemaak om U aangesig so te sien en ek is baie, baie bly dat ek iets kan wees wat U drink, die groot voorreg om iets te kan wees wat U drink en om U aangesig so van baie naby te sien. En JAHSHUA kyk op my “oppervlak” na wat ek weerkaats en dit is SY eie aangesig wat terugkaats en HY is tevrede met wat Hy sien. Ek sal vir ewig so sit met U aangesig so. My innerlike voel soet en my hart voel lekker en bly! Dankie JAHSHUA, woorde wat ek skryf kan dit nie beskryf nie. O JAHSHUA om U lief te hê is fantasties, om deur U lief gehê te word is onbeskryflik fantasties!!! Sê JAHSHUA :“Die soetigheid van jou siel oortref enige ander soetigheid en selfs nie eers die heuning van bye kan so soet wees soos jou liefde vir MY nie! Dit is wat EK drink, die soetigheid van julle siele wat MY lief het. Julle het nie ‘n benul van wat regtig in julle siele sit nie, MY Liefste. EK drink graag uit julle harte en as dit soet is, is dit vir my so ‘n groot plesier! Dink vir jouself aan dit wat jy graag wil drink. EK weet jy wil nie bitterheid drink nie. So wil EK ook graag die soetigheid van ‘n rein en suiwer hart drink, soos joune. Dit verskaf MY groter plesier as wat jy ooit kan indink en EK het spesiaal hierdie vir jou laat ervaar sodat jy kan besef hoe belangrik jy vir MY ook is. Dit is nie net EK wat vir jou iets gee nie, jy gee vir MY ook iets! Jy verskaf MY geweldig baie plesier!! En so vind EK plesier in elke kind van MY, soos julle ook pleiser vind in julle kinders.” Sê JAHSHUA terwyl HY die mooiste, “sweetste” glimlag op SY Gesig het. Hy is letterlik soet en my hart voel nou so ontsaglik lekker, soet en dankbaar. En daar is soveel Vrede in my hart. Dankie JAHSHUA, Ek verdien dit nie, ek weet dit! En ek voel of ek vlieg en ek is so vry!! Ek voel hoe U stroop in my in vloei soos ek drink en ek word net nog soeter en soeter van binne en dit vloei uit my vel uit. Dit loop letterlik uit elke porie van my arms en bene uit en ek staan later op ‘n dam hiervan en dit vloei uit my voetsole uit en die dam word al hoe voller en voller terwyl ek bo-op staan. Dit is wat U doen, U maak my hart so vol van U soetigheid dat dit uit my uit begin vloei sodat daar soveel meer is en enige iemand daarvan kan kom skep en drink soveel as wat hy wil hê. Ek is dankbaar JAHSHUA want JY is fantasties, my Soet Geliefde. My Leeu wat Koning is oor die soet dam. En ek sien dat JAHSHUA baie mense uitnooi om hiervan te kom drink en HY staan op die oewer en praat met mense en dis asof ek SY lewe op aarde sien en dat HY die mense hierheen genooi het toe HY hulle SY leer gegee het! Niemand het geweet wat Hy beplan nie, niemand het geweet wat beteken dit in die diepte om na HOM toe te kom nie!! Niemand het geweet dat die soetste dinge op hulle wag nie!! EK het ook nie geweet waarheen U my eintlik roep, toe ek U Woord begin gelees het nie!! O so baie dankie hiervoor JAHSHUA!!!!! Dit is U lieflikheid vanself!! My hart voel so lekker nou en ek wil nooit weer hieruit gaan en oor iets ontsteld of omgekrap raak nie. Omgekraptheid is bitter en sleg. Liefde is soet en lekker!! Ons maak die vergelyking sonder om te besef dat dit eintlik die waarheid is in die letterlike sin van die woord ook! By U in U Ryk is dit letterlik so! Dankie dat ek soet kan wees vir U! Vir JOU! JAHSHUA sê dat ek HOM JY moet noem en dit is baie moeilik vir my omdat ek so baie agting en respek het vir HOM. JAHSHUA ek sukkel al lank om dit te doen, soms kan ek dit wel doen en dan is dit of ek op ‘n ander vlak met JOU verkeer en dit is wonderlik! My innerlike voel nou net soet, soet, soet, fantasties soet! Dis wonderlik om U, JOU aangesig hier voor my te sien, hoe JY vir my glimlag en net kyk en kyk en ek kyk en kyk net...O Geliefde JAHSHUA, dit kan vir ‘n leeftyd so aanhou, vir ewig...want wat kan nou mooier en wonderbaarliker wees as om U so te sien? Toe gaan ek skielik in hierdie Soet vloeistof in, ek en JAHSHUA-MIRIAM, en dis vreeslik lekker. Ons gaan binne-in dit in en dit is nou hier om my en maak my soet van binne en van buite en ek sien ‘n deurgang en Ons gaan daarheen en kom aan die anderkant uit, met skoon hare wat pragtig waai sonder dat daar wind is en Ons staan net daar en kyk van ‘n hoë berg af. Dit is helder Lig, soos vroeg more, maar met Hemelse “Sonlig”, nie aardse sonlig nie en toe dikteer JAHSHUA-MIRIAM vir my die vlogende...

Die Eenheid

Hoofstuk 26

Stroopsoet is Julle liefde vir my. Stroopsoet maak Julle My hart wanneer Julle my lief het. Dit is MY plesier om julle met die soetigheid van My Liefde te omring. Dit doen MY groot plesier aan om met iemand wat MY liefhet te praat en te gesels. Om tyd te spandeer met MY Geliefdes is soos heuning vir MY Gees. Julle is MY bytjies. Julle vergader Liefde en omskep dit in iets so moois en soets dat Julle siele later daarvan sal drup. Eens, as Julle eendag hier by MY vergader is, sal Julle dit sien met Julle eie oë en hiervan drink en dit geniet saam met My. Maar selfs nou op aarde is dit moontlik om dit alreeds te sien en te ervaar want dit is wat EK vir Julle wil gee, terwyl die wêreld julle net bitterheid en ongelukkigheid wil gee. En sy kan nie anders nie, want sy het haarself tot bittere stof omskep toe sy Adam en Eva verlei het om van die verbode vrugte te eet. Verbode vrugte, in enige opsig, is bitter, onryp om geëet te word en sal nooit die soetigheid kan weergee nie omdat die Lig van die Son dit nog nie deurdring het nie. Maar as die Son dit eens deur en deur week gemaak het, en die siele in die vrugte begin sag en ryp word, word dit soet en heerlik om te eet en net so is Julle siele ook vir MY. Laat MY toe om deur Julle dik harte te dring en Julle onryp harde harte sal sag word, soos Myne en My soet heuningnektar sal uit Julle vloei om almal om Julle aan te raak. As daar mense om Julle is wat nog bitterheid uitgee, straal dan net vanuit Julle harte, My Son op hulle sodat Hulle kan versag en ryp word vir My diepere dinge, soos wat EK nou met Julle deel! Wees ‘n soet mens vir jou naaste! Laat Hulle van jou drink en geniet sodat Hulle ook kan verander en soet wees vir die mense om Hulle! Soetigheid bring eenheid mee want soetigheid is Liefde! Liefde bring soetheid en Eenheid tussen mense. MY Soetigheid bring EK nou aan Julle wat MY liefhet. Neem dit aan, drink dit, en Jy sal vir MY wees soos ‘n dam vol van die heerlikste drinkgoed en EK sal nuwe openinge vir Jou skep waardeur Jy kan gaan en nuwe wêrelde met nuwe Wyshede sal EK vir jou oopmaak om Jou siel te verryk en te vergroot. Dit is MY Woord aan Julle vandag. Wees Soet My Geliefdes!! Dit verskaf My groot plesier om van Julle te drink! Amen ( HY dring aan daarop dat ek Julle met ‘n hoofletter skryf. Ek moet teruggaan en dit regmaak as ek dit met ‘n kleinletter geskryf het want JAHSHUA sê ons is belangrik!) en HY glimlag nou vir my.

22 Maart 2018 9:01

Ek was die badkamerwasbak en skielik voel ek, ek word baie vinnig in ‘n ander wêreld ingetrek deur JAHSHUA. Dit is so vinnig dat ek half lighoofdig word maar dis nie onplesierig nie en dit wat ek sien is so wonderskoon en pragtig en ek kan net in dankbaarheid hierdie oomblik ervaar en uiters geniet. En JAHSHUA sê baie duidelik vir my dat ek nou dit waarmee ek besig is moet los en dit kom tik wat HY my laat ervaar. Ek ervaar en sien tegelykertyd dat ek saam met JAHSHUA voor ‘n – ek weet nie hoe om dit te beskryf of te sê wat dit is nie nie want hier is nie so iets op aarde nie en as ek dit sou vergelyk dan sou ek dit hewiglik onderbeskryf...maar ek sal probeer – ons is in die lug reg voor ‘n berg met geen begin en geen einde, wat uit die mooiste kleure bestaan, maar ek sal eerder sê dis die ROTS van EWIGHEID waar Ons sweef op ‘n sekere hoogte en ek ervaar die kleure van die Berg beweeg soos gekleurde lug sal beweeg maar dis net digter en gaan nie soos lug uitmekaar uit nie. Terwyl Ons daar sweef kyk ek na my linkerkant, weg van die Berg af en sien ‘n mens-dier persoon...sy is heeltemal “overdressed” maar sonder juwele en het selfs ‘n kappie op haar kop maar haar gesig lyk soos ‘n snaakse dier wat ons nie hier op aarde kry nie. Sy het ‘n baie lang snoet met ‘n groot swart neuspunt wat snobberigheid voorstel en sy is baie lelik omdat sy haarself so verander het in hoogmoed en ek wonder waarom ek die snaakse persoon sien want ek is nou in so ‘ n heerlike plek. Toe betree Ons die Berg deur die kleure en toe Ons binne is word my siel getref deur die mooiste kleure se ooreenstemmende klanke en JAHSHUA sê vir my “ Welkom in MY musiekkamer. Nou gaan EK en jy lekker musiek maak!” En ek sien die pragtigste Mooiste, Soetste glimlag op JAHSHUA se aangesig en HY so oorweldigend mooi vir my en die kleure en klanke tref my siel en HY sê dat ek hierdie moet skryf terwyl ek dit ervaar. O JAHSHUA-MIRIAM hoe kan ek die gevoelens van my siel beskryf? Elke kleur is ‘n klank of noot en soos dit beweeg maak dit die mooiste klanke want dit is totaal en al in JAHSHUA se Orde en soos dit beweeg gaan dit deur my en dit tref my baie diep want elke kleur en klank is ook ‘n emosie en my siel, my gevoelens word deur hierdie pragtige kleure en klanke meegevoer en gevorm soos wat die kleur van vorm verander en dit is verskriklik lekker. Ek sien en ervaar die kleur en klank wat my siel vat en by die kroontjie van my kop uitgaan in sulke pragtige ‘wisps” en dit voel ontsettend lekker en vry! Op aarde word mens meegevoer deur musiek maar besef nie werklik wat gebeur nie maar nou sien ek dit met my innerlike oë en ek beleef dit met my siel en JAHWEHSHUA is die hele tyd hier en ek sien SY hare wat in rigtings ingaan en HY is enorm en Sy hare word al hoe langer en dit gaan woester en woester en dis asof HY diregeer met SY hare en SY hele bolyf en arms. Dis die mooiste goue styl hare wat heen en weer beweeg en langer word met elke beweging en die kleure om Ons word al hoe mooier en suiwerder en later is dit net Goue Lig om ons...en dis asof ek die Skepping sien plaas vind hier reg voor my oë...en toe sien ek die see, ‘n woeste see met ‘n skippie op hier by JAHSHUA se Aangesig en Hande, voor SY bors en soos HY musiek maak word die water al hoe woester en woester en spat in alle rigtings maar JAHSHUA geniet HOMSELF en gee HOMSELF oor aan SY musiek maar die skippie bly behoue en ek sien die emosies van JAHSHUA se GEES en dit verstom my in SY GROOTHEID en ek is so aangeraak hierdeur...en ek sien dat daar kalmte kom. Soos aan die einde van ‘n groot musiekstuk en JAHSHUA maak ligte bewegings oor die water wat al weer rustiger geword het tot die water gekalmeer het en die skippie in die son seil. O dit was woes pragtig!!!! Die emosies waarmee JAHSHUA “gespeel” het, waarmee HY musiek maak en kleure maak, ek het nog nooit sulke musieklewing gesien nie, by geen menslike dirigent nie en geen musiek op aarde kon my nog ooit so meevoer soos DIT nie en dit is fantasties!!! Dit is absoluut Kragtig!!!!!! My siel, My GEES, my emosies het elke noot saam ervaar en dit is die mees “exciting” iets wat ek nog ooit ervaar het...ek het JAHSHUA se passies gesien..ja dit was die mees passievolste meelewing of skepping en ek het nooit besef hoe groot dit in HOM is nie. En JAHSHUA vat my in SY “komposisie” vir reën in en dit begin eers net soos sagte reën maar later gaan dit weer woes soos die donderweer slaan en ek sien JAHSHUA in die kleur van donderweer en dis ontsaglik wonderlik kragtig passievol met die absolute Wysheid om te presies te weet waar HY slaan en wat HY doen en ek sien en ervaar die genot in SY siel wanneer Hy die donderweer laat slaan want dis musiek en dit sal ons vernietig as HY nie Wysheid aan die dag sou lê nie en HOMSELF net laat gaan in die plesier van die donder!! O HY is in alles, HY IS ALLES! HY doen alles! Die wat HOM liefhet, is verseker die beste af want ek sidder vir die wat HOM wegwys en nie nederig voor HOM wil kom nie. Ek sidder voor SY MAG en KRAG! Ek hoor note, meer dawerend as ‘n kerkorrel en dit tref my siel ontsaglik diep en vervorm my Wese en ek gaan net saam met die lekkerte wat dit meebring en ek is so dankbaar dat ek JAHSHUA s’n is en ek wil vir almal sê om asseblief jou foute te herken, jou swakheid en nietigheid, om aan SY kant te kom want die see is ‘n blote druppeltjie voor HOM en HY kan alles uit laat spat soos ons ‘n glas water in die lug in kan gooi en SY talent is onuitspreeklik want HY IS DIE TALENT en hierdie musiek is in elke liewe ding want HY dirigeer die hele skepping om ons en stuur die reën, die wind, die storms, die woeste see, en HY maak musiek hiermee want daar is nooit stilte by JAHSHUA nie, RUS ja, maar die klanke is die heletyd daar net soos die kleure en hulle is een, en net so is jou emosies ook aan dit gekoppel. Wanneer JAHSHUA die kleure laat oorgaan in ‘n goue lig vloei alles so pragtig inmekaar en kom daar die grootste kalmte en rus en is dit of die emosies tot bedaring of kalmte gebring word en meer in ewewig is in jou binneste! Dis soos die grootste adrenalien”rush” en die kalmte daarna wat mens ontsaglik Lewendig en “revived” laat voel...Ek voel ontsaglike dinge in my hart en siel nou. En dis asof my eie siel en liggaam JAHSHUA se musiek speel en my gevoelens en emosies so diep aangeraak is want ek besef nou hoe dit moet klink om ons as ons net kon hoor met ons aardse ore, as ons net kon sien met ons aardse oë maar ons is heeltemal beperk en swak en klein en die bietjie klank wat ons wel kan hoor is so min en klein en dis net musiek met musiekinstumente wat op aarde vir ons dieselfde tipe ervaring laat voel soos wat ek nou in ‘n baie groot mate deur die Genade en Liefde van JAHSHUA kon hoor en sien en dis fantasties wonderlik! En nou verstaan ek ook waarom ek die mens gesien het wat haarself so misvorm het en soos ‘n snobistiese dier lyk. Sy is buite die Berg maar in die omgewing van musiek en is hoogmoedig oor haar musiektalent en is nie nederig en erken nie hoe klein haar talent eintlik is en dat die bietjie wat sy het, sy van HOM gekry het nie. Mens kan nie hoogmoedig wees oor iets wat jy van HOM gekry het nie, al het jy hoe hard geoefen...dit kan nooit dieselfde passie hê as JAHSHUA as jy HOM nie erken nie. Jy kan in elk geval nie want jy is net ‘n klein mens. Maar hoe pragtig kan jou musiek nie wees as jy JAHSHUA toelaat om deur jou te speel nie? As jy in jou klein, nederigheid SY Liefde deur jou laat speel nie? Eers dan is jy ‘n musiek meester. O wees net nederig voor HOM, HY IS KONING VAN MUSIEK!!! O baie, daie dankie JAHWEHSHUA dat U my dit laat beleef het! In al die tyd sedert U my geestesoog oopgemaak het, het ek U nog nooit so gesien nie!! U het USELF nog nooit voorheen op hierdie manier aan my geopenbaar nie en ek is vir ewig dankbaar vir U!! Ek kan nie wag vir die dag dat ons almal hier by U in U musiekkamer kan wees tot in ewigheid nie! U musiekkamer is U “skeppingskamer”! O dis fantasties!!!! U PASSIE – dis onbeskryflik!! U sê dat ons alle passies moet aflê vir U en nou verstaan ek hoekom – want U wil ons vul met U passie, met die regte passie, met hierdie ontsaglike Lewendige Passie van U SELF!!!!!!

20 Februarie 2018 7:46

Toe ek na JAHSHUA gaan sien ek op een oomblik iets hier by my voete terwyl ek hoor JAHSHUA vra my wat ek sien. Dit is iets wat ek nie dadelik kan plaas nie want hier is niks op aarde wat so lyk nie. Dit lê by my voete soos klippe maar dis sag en gerond en dit laat my toe eerder dink aan die wit sagte bol fungus wat so op die groen gras uitslaan na die reën, maar hierdie is die mooiste pastelgroen en nog een is pastelblou en hulle is baie groter as die fungus op aarde. Maar hierdie is nie fungus nie en JAHSHUA laat my verstaan dat ek daarvan kan eet en ek skep met my hand en ek sien dit het die tekstuur van brood of koek op aarde maar net baie ligter en fyner en toe ek dit na my mond bring om te eet is dit nie sag soos brood nie, maar krakerig soos koekies of beskuit en ek wonder nog hoe dit moontlik is want dit is sag as mens aan dit vat, en toe ek weer eet is dit sag in my mond en JAHSHUA sê vir my dat dit kan wees net soos wat jy dit wil hê. Net soos wat jy lus is vir dit op die oomlik, so word dit. En JAHSHUA sê vir my dat dit Manna is. Maar in die verlede het ek Manna gesien wat van die wangvrug gemaak is en ek wou nog vra toe JAHSHUA al dadelik vir my sê dat Manna Hemelse Brood is en dat dit uit baie verskillende tipes plante gemaak word, nie net van die wangvrug nie. En toe wonder ek oor die Manna wat die Israeliete in die woestyn gekry het en JAHSHUA sê dat HY hulle met werklike Hemelse Brood gevoed het maar...

Dit het niks gehelp om vir hulle Hemelse Manna te gee nie. Dit het hulle nie gebaat om Brood direk uit My Hemele te eet nie want hulle siele het nie daarna gevra nie.” “O JAHSHUA maar dan het U soveel Genade met die mens gehad dat U hulle nogtans gevoed het in die woestyn terwyl U geweet het wat hulle nog sou doen in die toekoms.” “ Dit is MY Genade vir Julle almal, om Julle aan die Lewe te hou ten spyte van julle sondes, maar EK gee My Manna in die vorm van My Woord aan Julle sodat net die wat werklikwaar ‘n Liefde vir MY het van die Hemelse Manna sal kan eet, en dis My Liefde vir Julle. EK is ‘n getroue, sagmoedige Vader en ‘n Liefdevolle Man vir My Vrou maar ‘n regverdige Regter vir die wat ‘n Regter in My soek. En Daarom het die Israeliete nie in die woestyn omgekom nie en het EK hulle tot by die Beloofde Land gebring en hulle nog daar verder geseën en Hulle gelei om die oorwinning oor baie volke te behaal. Maar kyk weer terug na die woestyn..die wat MY nie lief genoeg gehad het nie, wou vleis hê, wat die aardse voorstel en hulle het gesterf daarvan en was nie meer lus vir die Manna nie. So gaan dit met mense wat nie genoeg Liefde het nie, hulle sien later nie meer die wonderwerk raak nie, en wil so gou as moontlik ‘n ander nuwe wonderwerk hê waar hulle net in die sensasie van die oomblik kan leef en dan mor hulle weer later oor iets anders. Dis die murmurering wat ‘n teken is van die vleeslikheid van die mens. Dit is MY Liefde – Hierdie Manna- en JAHSHUA wys na die groen en blou brood wat op die grond groei en EK gee dit nou aan Jou sodat Jou siel dit kan verwerk en deurgee aan die nie-so-vas-aan-die-vlees mense nie. En hulle SAL dit eet en versadig word en EK belowe Hulle meer en meer. En vaste stpyse sal ook aan hulle gegee word op die regte tyd. Ellke een wat My Liefhet, drink van My Melk en groei so vinnig dat Ek hulle baie gou op vaste spyse kan sit. Dit wat My Woord lees maar nie groei nie, is die wat die Woord nie kan verteer nie omdat Hulle Liefde ontbreek. Liefde is die verteringssappe van die siel. Dit neem alles op en verander dit in iets goeds en bruikbaars vir die hele wese van die mens. As die mens nie genoeg Liefde besit nie, kan die kos onmoontlik verteer en die kind of mens sterf dan van hongerte – al bestudeer hy MY WOORD dag en nag...dit is die LIEFDE vir MY WOORD wat alles verrig!! EN so gee EK nou vir jou hierdie pragtige Brood. Eet soveel as wat jy wil hê en weet dat dit nou vir ewig in jou tuin groei sodat jy altyd kan terugkom om nog te eet en weer te gee. Dit is MY gebod aan Julle mensekinders – dat julle mekaar sal Liefhê en voed met die beste. Maar bly weg van die wat dit nie wil hê nie. Laat hulle aan MY oor in gebed en EK sal hulle harte verander waar moontlik. Onthou net dat die eindresultaat altyd afhang van die vrye wil van die mens, so EK kan nie die persoon dwing nie maar daar is iets wonderliks wat kan gebeur en waarop jy kan reken – en dit is dat EK in die kinderdae van elke mens na hom of haar kom en gesprekke met hulle het en in daardie tyd maak baie die keuse om by MY te bly en dit maak dan dat EK daardie persoon NOOIT verlaat nie, al sou hy van MY vergeet later in sy lewe. En daarom KAN EK dan na die mens kom en dan is dit nie dwang nie omdat daar alreeds diep gesprekke tussen MY en hom gevoer is, waarvan hy vergeet het, maar EK, EK vergeet nooit nie en haas MY om hom/haar te help al is dit jare later en die duisternis daardie mens se lewe oorgeneem het. Daarom moet Jy nie bedroef wees oor sekere mense nie, daar is nog hoop want waar Jy nie kan sien nie, daar kan EK Sien. KYK! En JAHSHUA tel my op SY skouers en ek sien in die ewigheid in. O dis heerlik om so hoog opgetel te word en ek kyk en kyk en kyk na alles...ek sien die grootsheid van die ewigheid, ek sien pleine wat ontsaglike groottes het, en ek kyk na dit alles en sien dat dit die Kleed vorm wat JAHSHUA aanhet en dat ek na SY klere kyk asof ek reg voor HOM is maar ek is op sy skouer en ek word bewus daarvan dat JAHSHUA met my op SY skouers begin dans en dit maak my vrolik en bly en ek weet dat JAHSHUA dit gedoen het want die grootsheid van dit alles sou my oorweldig het as ek verder sou bly kyk, maar HY verander dit vir my in Vreugde, soos ‘n Pa wat met SY kind speel voordat die kind begin huil oor ietsie kleins. O JAHSHUA, hoe kan ek dan U Bruid wees? U Vrou wees? As ek dan nie eers U grootheid kan hanteer nie? As ek so ‘n piepklein stippeltjie op ‘n piepklein stippeltjie op’n piepklein stippeltjie...is?O JAHSHUA dit is beter vir my om net na U Manna te kyk hier op die grond waar ek en U dieselfde grootte het...ek verstaan dat U dit vir my ingee om weer eerder na die Manna te kyk. En nou druk ek my gesig daarin en hap daarvan en ek skep dit in my arms op en druk dit teen my bors want dit is so kosbaar vir my en dit ruik so skoon en lekker en soos blomme op die aarde nie eers kan ruik nie maar die lekker reuk bederf nie die brood nie soos parfuum kos bederf nie. En elke een is anders as die ander een en tog dieselfde...daar is ‘n liggroene en ligbloue en nog ander ook maar ek eet nou net van die groene en bloue. En die volgende oomblik kom daar ‘n fluit direk uit my bors – ek het nog nooit so iets beleef nie – soos ‘n voëltjie se fluit maar baie harder en die volgende oomblik hoor ek net skapies blêr en hulle staan alreeds hier om my en kyk met aandag waarom hulle geroep is, gereed om te begin eet. O Hulle is spierwit, met die langste sagste haarwol en hulle is so bly dat hulle iets kry om te eet en hulle blêr tevrede terwyl hulle eet. En dit laat my so lekker lag van plesier saam met JAHSHUA want as hulle bly is, is ek bly en JAHSHUA is ons almal se Blydskap...en my hart voel so lekker soos toe ek op die plaas gebly het en ek altyd die diere so geniet het en hulle my altyd uit my wese laat lag het van vrolikheid oor hulle onskuld en oulikgeid en vrolikheid en blydskap oor die lekker kos wat hulle kan eet. En toe bokspring ek en JAHSHUA saam met hulle en ONS lag en lag en lag en lag en lag en lag en lag en lag en ek voel hoe JAHSHUA my styf teen SY bors hou en vasdruk met die grootste Liefde en SY oë is toe en SY arms is styf om my en ek weet ek sal NOOIT-OOIT uit SY arms uit wil gaan nie. En HY wieg met my en druk my binne-in SY bors in waar dit Heerlik sag en warm is en ek sien die binnekant van ‘n pragtige gerieflike huis waar daar vir ewig nuwe vertrekke is om te ontdek en ek is so bly hieroor want ek het dit absoluut nodig om in hierdie HUIS te bly want sy mure is gemaak van Liefde, en Sy fondasie van die sterkste Rots en die Krag wat uit hierdie “HUIS” uitgaan is enorm en onbeskryflik en ek sing “ U goedheid en U Liefde is vir my ‘n Huis, solank as ek lewe is ek daarin tuis..’n HUIS, ‘n HUIS ek is daarin tuis, ‘n Huis, ‘n Huis ek is daarin tuis!!!!! O SO baie dankie JAHSHUA!!! Vir ewig!!!!!!!!!!!