Die Nuwe Openbarinng van Johannes

Die Nuwe Openbarinng van Johannes (0)

Children categories

Die Nuwe Openbaring Van Johannes (Boek 1) - Jakob Lorber

Die Nuwe Openbaring Van Johannes (Boek 1) - Jakob Lorber (244)

In hierdie reeks van 11 boeke, waar 10 gedikteer is deur die innerlike Woord aan Jakob Lorber, 1 gedikteer is aan Leopold Engel na die dood van Jakob, en voorgelees word deur Christine Badenhorst, vertel JAHSHUA ons van SY lewe op aarde. In boek 1 begin dit waar JAHSHUA net klaar is met SY 40 dae vas in die woestyn. As tiener en jong man het HY nie veel wonderwerke gedoen nie, en was op die agtergrond, besig om HOMSELF voor te berei vir SY ware werk wat begin het in SY 30ste jaar. Hierdie reeks handel oor SY werk tot en met SY kruisiging. Daar is in die Hemel en op aarde NIEMAND soos HY nie en die diepte van hierdie wonderlike werk wat beskryf is in die Johannes evangelie strek tot in ewigheid. Elke woord wat hier geskryf is, val in jou hart soos saad en kom op as die mooiste tuin vol vrugte - die herstel van die tuin van Eden binne-in die hart van die mens en dit voed jou vir die ware LEWE hierna. Hierdie Woord leer ons Die Meester ken soos ons HOM nog nooit geken het nie. HY leer ons hoe HY werklik is en elke vraag wat nog ooit in die mens opgekom het, word hierin beantwoord - wat jou verryk en in verwonderding na Die Meester laat kyk. Alle menslik verkeerde veronderstellings oor HOM word uit die weg geruim en dit maak plek vir LIG, INSIG en WYSHEID wat die weg vorentoe verlig en jou vertroue in HOM laat groei so groot en hoog soos die Hemele! Die Bybel vertel ons nie 'n fraksie van die wonderwerke wat HY gedoen het nie. Baie mense is uit die dood opgewek. As jy Die Meester wil leer ken, kan jy nie anders as om hierdie reeks aan te gryp en in jou hart te laat groei nie!

View items...