Kragtige Inspirasie

Kragtige Inspirasie (3)

Wednesday, 26 September 2018 15:59

Die Valskerm

Written by

Jare gelede bring my broer vir my n valskerm wat hulle gebruik het om n flikkerlig op te skiet vir nag oefeninge in die weermag, as n seuntjie van 4 bakstene hoog was dit natuurlik my gunsteling speelding en ek het alles aan die toutjies vas gemaak, van n speel weermag mannetjie tot a geroeste skroef wat ek in Pa se motorhuis gekry het.

 

Dit het my die grootste plesier gegee om die opgerolde bondeltjie so hoog as moontlik te gooi en te kyk hoe hy oop gaan en in die wind weg sweef. Een dag van speel sweef die ou valskermpie reg in n groot boom en daar sit hy… my hart was stukkend, ek kon op geen manier die ou speelding uit die boom kry nie want dit was te hoog en die toue is so gekoek dat die boom omtrent moes af gesny word vir my om by die valskerm uit te kom.

 

My enigste opsie was om te bid, en het ek net nie gebid nie, ek het op my kniee gegaan en mooi gevra dat ons Liewe Jesus die dingetjie vir my sal uit haal, en natuurlik dat ek nooit weer sal stout wees nie. Elke dag as ek gaan kyk sit die valskerm net nog mooier vas en my hoop kwyn…

 

Ek het lank gewonder hoekom my gebede nie geantwoord word nie? wat het ek verkeerd gedoen? En so het ek maar net begin vergeet van die probleem.

 

Vandag as n seuntjie van 5 bakstene hoog besef ek dat my gebede al die tyd gehoor is. My hele lewe lank het ek gevoel asof daar beskerming vir my is, selfs daar waar ek geval het was die val nie so hard nie, dis asof daar n valskermpie aan my vas was wat die self veroorsaakde val altyd ligter gemaak het en selfs daar waar die valskerm oop gegaan het om my te beskerm het die wind my altyd in n rigting geneem waar ek moes wees, al het ek nie altyd verstaan hoekom die ligte briessie my dan nou juis op n spesifieke plek laat op eindig het nie. Vandag weet ek dat die valskerm in my boom is, wat in my tuin staan en ek kies deur my wil of HY my val gaan ligter maak.

 

Ons valskerms kom in menigde vorms soos die daaglikse broodjies wat ons eet, die liefde wat ons beoefen en n smag na die waarheid. Ons is n opgerlolde bonneltjie wat besig is om oop te vou in die wind en dan weg sweef na HOM, na SY boom van LEWE want dis waar ons wil gaan vas sit, in die takke van Ewige Liefde. 

 

 

Dankie JAHSHUA vir U ewige groot genade

Friday, 13 April 2018 20:07

Die voëltjie

Written by

Mens voel soms maar nog so bietjie dom met al die nuwe dinge en sukkel om JahShua se stem te herken maar ek deel die volgende met julle want selfs in my swakheid dink ek hierdie kan net deur die Hand van bo wees.

 

 Julle sal seker weet waarvan ek praat as ek sê dat hoe nader ons aan ons Meester beweeg(al is ons maar nog bitter ver) hoe groter raak die aanvalle op n mens uit die duisternis veral as 'n mens swak is. Alhoewel ek op hierdie stadium al lekker deurmekaar was met soveel verskillende groepe, meenings en leerings het my nuuskierigheid altyd die oorhand gekry en het ek hard aan die soek gegaan vir antwoorde in n poging om my Verlosser op te spoor. 

 

Een so n tydperk het ek geestelik deur n baie swaar tyd gegaan en was so te sê teen die mure uit gedryf deur aanvalle op my, ek kon net eenvoudig nie wegbly van my sondes nie en dit was asof ek soos n magneet aangetrek word na alles wat lelik was. Dit het net gegaan van val, opstaan, val, opstaan. Daar was dae wat so erg was dat ek nie kon help om te huil van skaamte en die wete dat ek ons Liewe Vader so seer maak in die hewige worsteling waar ek bly verloor en boonop is ek duskant handoek ingooi. 

 

In dié tyd, en elke keer as ek my laagste punt bereik het, stuur my vrou vir my boodskappe, nie enige boodskap nie, elke keer van 'n voëltjie.

Die eerste keer was dit 'n blou visvangertjie wat stip vir haar en baba kyk, ek moet net noem dat ons in die middel van die dorp bly en alhoewel nie onmoontlik nie, is dit ongewoon om die tiepe voëls te sien. Ek het natuurlik in my swakheid nie veel van dit gemaak nie.

 

Na 'n tweede laagtepunt stuur sy weer vir my 'n boodskap, die keer se sy "jy sal nie glo hoeveel voëls in ons tuin is nie", dadelik het ek gedink aan die varsbroodjie waar gepraat word van hoe liefde diere aantrek na die plaas asook die dag wat die duif kom gesig wys het tydens 'n broodjie.

 

'n derde keer na nog 'n worsteling stuur sy vir my 'n foto en sê sy het nou net die voël in die boom gesien, 'n groot pot blou vreemde voël (Green wood hoopoe) iets wat ek nog nooit in die bosveld gesien het nie.

 

Na elke boodskap alhoewel iets binne my voel hierdie is nie toevallig nie, dink ek, nee man hoekom sal JahShua Homself nou moet steur aan my, en waarmee ek nou sukkel veral in hierdie tyd. Deur my ongeloof en al die tekens skraap ek die moed bymekaar om Hom te vra wat ek moet doen want ek weet nie meer nie. Moet ek aanhou of moet ek los?

 

Die volgende dag is ek maar weer bedroef en geestelik lam as gevolg van hierdie geveg diep binne my tussen goed en kwaad, en kwaad bly oorwin, daar is geen wegkruip plek nie en dis asof die donkerte jou agtervolg. Net voor ons huistoe ry na 'n dag se werk gaan sit ek in die bakkie amper asof ek wou skuiling soek van babilon. Terwyl ek daar so sit en worstel met my kop en my hart wat arm druk met mekaar, hoor ek 'n geluid soos 'n harde klop teen die venster. Ek sien 'n piep klein voëltjie soos 'n mossie wat daar sit, die arme ding klou aan die rubber om die venster vas vir lewe en dood. Ek staar so na die voëltjie amper om te sê jy het die hele Afrika om in te vlieg wat vlieg jy nou hier in die venster vas?

 

Na 'n rukkie se gestaar en verwondering oor die ou voëltjie steek ek my hand stadig uit net om te kyk wat hy sal maak en toe ek naby kom vlieg die voëltjie weg... 

 

Ek het hierdie gevoel gekry dat dit JahShua is wat se hou aan worstel hou aan baklei Ek is met jou.

 

Ek weet dit gaan nou vreemd klink vir meeste maar daar is iets binne my wat se "luister en kyk om jou" as sulke dinge gebeur, iets wat ek nooit ondervind het voor die broodjies nie of dalk was ek maar net te dwaas om dit raak te sien. Daaroor put ek soveel genot uit die broodjies met die boodskappe in van die natuur soos selfs die visse wat hulle Meester herken of die kiewiete wat by Bloedrivier kom hallo sê, dit vul my hele hart met vreugde en soms as ek my kan kry rol die trane oor die wang want ek weet dis hoe Hy met my gesels, van 'n kleine ou voëltjie tot 'n reënboog(waaroor ek later sal gesels)

 

Ek weet daar is baie wat Sy "Stem" hoor in watter vorm dit ook mag wees, maar dit dalk nie besef nie of self net nie verstaan nie, ek self dink soms ek is besig om te droom. Maar ek kan net nie meer die boodskappies ignoreer nie. 

 

 

Boere liefde en groete