Die Getrouheid van JAHWEH ELOHIM

Die Getrouheid van JAHWEH ELOHIM (9)

Saturday, 08 September 2018 15:27

Hoofstuk 1

Written by
  Die Getrouheid van JAHWEH ELOHIM. 16 Julie 2018 13:27   Ek was op pad om plantjies te gaan uitplant. Toe ek by die deur kom hoor ek JAHSHUA sê vir my “Jy is so Getrou aan MY. Daarom gee EK nou vir Jou ‘n boek om te skryf genaamd Die Getrouheid van JAHWEH ELOHIM.” En ek is so dankbaar want ek voel nie dat ek getrou is nie. Alles wat ek het en is, is HY/SY. Enige trou wat ek het, is wat ek van U ontvang het! Net U ALLEEN is Getrou!! Dankie dat ons dit van U…
Saturday, 08 September 2018 15:30

Hoofstuk 2

Written by
  1 Augustus 2018   Toe ek wakker word sien ek JAHSHUA en HY sit ‘n ronde plaatjie in my mond wat van dieselfde metaal gemaak is as die Boek wat JAHSHUA oor my kop getrek het wat in ‘n kleed verander het. Dit was SY WOORD. En nou gee JAHSHUA vir my ‘n ronde disk wat HY op my tong sit en hy versmelt heeltemal met my en my hele liggaam verander na die kleur van metaal. Ek het dit heeltemal in my ingeneem en my vel is blinkgrys. My vel oor my hele liggaam het verander en is…
Saturday, 08 September 2018 16:21

Hoofstuk 3

Written by
  2 Augustus 2018 2:56   Dis so wonderlik dat JAHSHUA my wakker maak met die woorde: “Die getrouheid van JAHWEH ELOHIM.” en HY sê: “Ek wil jou iets vertel. Dit is iets ondeurdringbaar waarin iemand net kan gaan as EK hom daarin vat.” JAHSHUA staan reg voor my en hou SY arms oop en uitgestrek, net effens gelig met SY palms na bo en ek sien SY hande baie duidelik en ek is in dieselfde posisie. JAHSHUA bring my fokus op SY regterhand en ek sien hoe JAHSHUA HOMSELF “uitmekaar” laat gaan in “slow motion” en my sieledeeltjies doen…
Saturday, 08 September 2018 16:26

Hoofstuk 4

Written by
  Die Getrouheid van JAHWEH ELOHIM Hoofstuk 4 5 Augustus 2018 7:41   Soos ‘n babatjie beskerm EK Julle want Julle is kosbaar in my oë. Niemand van Julle het regtig ‘n benul van die gevaar wat die hele tyd om Julle woed nie. Julle sien die werkers hier bo op die aarde langs Julle, maar Julle weet nie van die vyand reg onder Julle voete nie, wat verantwoordelik is vir die optrede van die werkers van die bose om Julle. Ja, Julle dink dit is die mense om Julle wat die oorsaak is van al die probleme. Maar EK…
Saturday, 08 September 2018 16:30

Hoofstuk 5

Written by
  8 Augustus 2018   Vanoggend vroeg toe ek wakker word, dink ek dadelik aan JAHSHUA en ek sien HOM en HY hou vir my ‘n groot ronde souttert uit om te eet. Dit is ‘n baie lekker souttert met ‘n baie ryk vulsel vol van allerhande verskillende bestandele. En toe ek dit eet bars ‘n verskriklike lawaai los! Dit klink of ek in die middel van ‘n oorlog is! Maar ek bly rustig en kalm en voel nie eers opgejaag of verskrik nie en toe ek nog hieroor wonder sê JAHSHUA vir my dat dit die vyand is wat…
Saturday, 08 September 2018 16:32

Hoofstuk 6

Written by
  11 Augustus 2018 4:04   Ek ervaar dat ek saam met JAHSHUA hoog op SY Berg staan en HY sê dat ek moet kyk wat ek sien en ek sien by my voete ‘n baie groot goue gogga soos ‘n besie en JAHSHUA sê ek moet hom eet. Ek tel hom op en hy is baie groot en maak my hande vol en die volgende oomblik is hy in my mond en ek hoor hoe dit kraak soos ek hom eet maar snaaks genoeg gril ek glad nie soos wat mens normaalweg sal gril nie want ek vertrou op…
Sunday, 09 September 2018 09:46

Hoofstuk 7

Written by
  Die Getrouheid van JAHWEH ELOHIM Hoofstuk 7 21 Augustus 2018 4:52   JAHSHUA gee vir my ‘n goue ding wat baie swaar is en sê ek moet die geskenk in ontvangs neem. Hy is so swaar dat hy in my binneste na benede sak nog voor ek kan sien wat dit is. Dit lyk soos ‘n goue kassie maar daar is dinge by wat ek nie kan verstaan nie. En JAHSHUA sê dat ek moet skryf vir SY Volk in barensnood en dat dit nou tyd is om bevry te word. Net soos wat ‘n vrou weë het tydens…
Sunday, 09 September 2018 09:48

Hoofstuk 8

Written by
  Die Getrouheid van JAHWEH ELOHIM   Hoofstuk 8 24 Augustus 2018 1:31   Ek staan saam met JAHSHUA op ‘n baie hoë goue berg met ‘n skerp punt waarop 2 mense nie sal kan staan in die vlees nie en heel bo op die Berg waar ons staan is ‘n Helder Lig om ONS en JAHSHUA het ook ‘n bol LIG in SY hande en HY sit die LIG in my hart in en sê dat HY dit in my sit vir die wêreld om te sien. En toe laat HY my skryf “EK gee vir jou MY LIG…
Sunday, 09 September 2018 09:49

Hoofstuk 9

Written by
  Die Getrouheid van JAHWEH ELOHIM Hoofstuk 9 28 Augustus 2018   Toe ek wakker word sien ek JAHSHUA en HY is so verruklik mooi en in Lig gehul. Sy oë is die mooiste blou en HY hou SY hand na my uit en sê ek moet drink. In SY handpalm sien ek die “lagplooie” of ronde golfies wat op ‘n wateroppervlak vorm en ek besef dat SY handpalm die vloeistof is en drinkbaar is. En ek is so bly en dankbaar om JAHSHUA so te ontvang dat ek nie net ‘n sluk vat nie maar my hele gesig daarin…