Die Kronieke van die Moeder Deel 2

Die Kronieke van die Moeder Deel 2 (14)

Friday, 07 September 2018 08:30

Hoofstuk 1

Written by
  Die Kronieke van Die Moeder – Deel 2   12 Februarie 2018 22:24 Hoofstuk 1   Ek is in die Gees na JAHSHUA aangetrek om na HOM te kom en toe ek HOM sien gaan ek amper oor in die Lewe hierna want HY is so verruklik mooi dat HY nie net my asem wegslaan – soos ons sê nie, maar dat HY my hele Wese wegslaan – so mooi is HY. En Ons stap op ‘n strand met die mooiste goue sand, wat nêrens op aarde gevind word nie. En die see is blou-blou-blou. En die hele atmosfeer…
Friday, 07 September 2018 08:39

Hoofstuk 2

Written by
  Die Kronieke van die Moeder – Deel 2   13 Feb 2018 10:46 Hoofstuk 2   Ek sien JAHSHUA so mooi met SY goud/saffraankleur hare en ek voel dat HY iets vir my wil sê en dat ek nie nou dadelik moet slaap nie. Ek voel dis iets gewigtig en baie kosbaar. “MY Vrou, soos jy weet is EK baie lief vir jou. Gee jouself oor aan MY. EK Alleen is Jou Koning” O dit is lekker saam met Jou. Ons los op in mekaar en Ons GEES meng en word soos GEES ( sonder liggaamsvorm) en Ons is…
Friday, 07 September 2018 08:40

Hoofstuk 3

Written by
  KVDM Deel2 Hoofstuk 3   21 Februarie 2018 13:29   JAHSHUA roep my en sê dat Hy iets het wat ek moet kom skryf en ek sien Hom hier voor my met SY Goue Hare en pragtige Hemelse vel wat so ‘n mooi Hemelse kleur het en ek sien SY mooi mond voor my en vir die eerste keer sien ek SY lippe is goudkleurig en dit slaan my asem weg want SY mond is so pragtig en skoon en suiwer en helder en fantasties en my hart juig en ek wil nie meer op die aarde wees nie.…
Friday, 07 September 2018 08:41

Hoofstuk 4

Written by
  Die Kronieke van Die Moeder deel 2 Hoofstuk 4 23 Februarie 2018 8:30 Ek ervaar JAHSHUA-MIRIAM wat my van agter af met ‘n sagte kombers of tjalie toevou en dis heerlik sag en warm en lekker en ek voel so beskut en geliefd en toegevou en in ‘n spesiale liefdeskokon waarin ek allerhande dinge ervaar. Ek het naby aan die riviertjie gestaan maar skielik staan ek op die rand van ‘n ontsaglike hoë plek...ek kan dit nie eers ‘n krans of berg noem nie. Dis iets ontsaglik hoërs en groters, iets ontsagliks! Ek dank U hiervoor, ek dank U…
Friday, 07 September 2018 08:43

Hoofstuk 5

Written by
  Die Kronieke van Die Moeder deel 2 Hoofstuk 5 11 April 2018 7:02   Toe ek wakker word vanoggend sien ek dat ek saam met JAHSHUA by die riviertjie is waar Ons so baie is maar Ons staan ‘n ent van die water af op die mooiste sagste gras en JAHSHUA vestig my aandag op klippies wat daar op die gras lê en laat my verstaan ek moet alles optel. Toe ek ‘n poging aanwend om dit op te tel, is dit alles skielik alreeds bymekaar in my hande en JAHSHUA blaas oor hulle en daar vlieg wit vonkies…
Friday, 07 September 2018 08:44

Hoofstuk 6

Written by
  Die Kronieke van Die Moeder Deel 2 Hoofstuk 6 29 Mei 2018 7:29   Ek voel en hoor Die Pragtige VROU roep en sê dat ek moet kom want ONS het baie lekker dinge om te doen en plekke om heen te gaan. Kom ONS skryf vir MY volk wat in die behoefte sit. Kom ONS gee vir hulle wat honger is, brood wat in ewigheid nooit op raak nie. Kom ONS skryf vir die wat soek, sodat Hulle kan vind en versadig word. Kom ONS gee water aan Hulle wat dors is sodat Hulle in ewigheid nooit weer…
Friday, 07 September 2018 08:45

Hoofstuk 7

Written by
  Die Kronieke van Die Moeder Deel 2 Hoofstuk 7 29 Mei 2018 8:20   Ek sien ‘n “bubble” wat neerdaal in ‘n sneeugebied en daar is baie min mense in die groot bubble...toe hy neerdaal klim hulle uit en dis net 4 mense sien ek...dis my eie kinders. En hulle kyk rond na die omgewing en ek is oombliklik daar en sien hulle soos hulle rondkyk en wonder waar hulle is of watse plek dit is...toe is ek daar en die omgewing word pragtig groen en fantasties beplant in een oomblik en ek sien en weet hulle wil nooit…
Friday, 07 September 2018 14:58

Hoofstuk 8

Written by
  30 Mei 2018 8:30   “ Gee vir MY jou hele wese, dat ONS skryf.” Ja, skakel jouself heeltemal af sodat EK onvervals deur kan kom en MY WESE jou kan oplig na MY hoogtes, daar waar dit suiwer en sonder die wêreldse en aardse vleeslike is. Want menigtes wag nou op MY Woord wat jy moet neerskryf. Ja Hulle vergader hier reg rondom ONS in afwagting en jy kan Hulle nie sien nie want ek maak jou geestesoog toe vir Hulle, magtiges sit nou hier om ONS, en jy MY kleintjie sit hier op MY skoot. Die beloning…
Friday, 07 September 2018 15:00

Hoofstuk 9

Written by
  12 Junie 2018 8:37 Die Kronieke van Die Moeder Deel 2 Hoofstuk 9   O arbeider in MY wingerd, vir JOU het EK omgrod met die Waarheid, en vir JOU het EK gesterf. Vir JOU het EK die aarde geformeer, sodat JY ‘n werksplek kan hê, ‘n speelplek vir MY GEES. O EK het geen vermaak nodig nie, EK besit geen speelgees nie, maar EK skep en RIG terwyl EK speel want MY GEES is so vry! Ja, kom speel saam met MY in MY Almag. Kom Ons bou torings van Liefde en Geluksaligheid. Jy, wat MY uitverkorene is,…
Friday, 07 September 2018 15:00

Hoofstuk 10

Written by
  Die Kronieke van Die Moeder Deel 2 Hoofstuk 10 13 Junie 2018 3:34   Liefde is ‘n woord in Julle taal, maar soveel meer as net ‘n woord by MY. Soveel begrip het Julle nodig om die betekenis hiervan te verstaan. Daarom dat die leed Julle siele moet brei om dit te verstaan. Elke mens wéet wat Liefde is en het bepaalde liefdes wat noodsaaklik is vir die lewensbestaan op Aarde. Maar die Liefde waarvan EK hier praat is die Grootste van almal. Dit is die Rotsvaste Liefde wat bly bestaan tot in ewigheid en Alles rig tot voordeel…