Openbarings aan Daniël Grobbelaar

Openbarings aan Daniël Grobbelaar (28)

Hoe goed en wonderbaarlik is ons Hemelse VADER nie, dat HY SY skryfknegte opgewek het om met ons te praat! Geen aardse vader sal sy kinders ignoreer en nooit met hulle praat nie. Hoe oneindig Genadig is ons volmaakte VADER wat HOM so oor ons ontferm en ons lei tot in SY Hemele deur SY wonderlike woord. Daniël Grobbelaar is so 'n skryfkneg van BO. Laat jou eie hart oordeel...

 

Friday, 21 September 2018 07:58

Openbaring 1

Written by
  Openbaring 1 ontvang op 22 Julie 2018 "Skryf MY kneg, my kind! Skryf met haas en gehoorsaamheid! EK rig MY Woorde na julle, MY skape! Luister o Huis van Juda! Open jou ore en rig jou hart na jou Herder o Dogter van Sion!   EK het MY Klipwiel in jou opgerig en 'n Ewige Verbond was gesluit. Hierdie Klipwiel het begin draai en jy het begin reis, weg vanaf die besoedeling en terug na MY. Maar, jy o Geliefde in MY, Geliefde Volk van Jahshua, jy moet die Geestelike Groot Trek inspan en uitrys bo die draak! MY…
Friday, 21 September 2018 07:59

Openbaring 2

Written by
  Openbaring 2 en visioen ontvang op 23 Julie 2018   "Hierdie was 'n harde dag vir jou MY kind, maar onthou MY Verlossingsplan: Jy sal alles verloor, behalwe jou en MY. EK het jou gewys, skryf dit neer en laat hulle sien! Hulle wat getrou is aan MY Opdrag om hulle harte van klip te offer vir MY."   Ek was heeltemal in die gees weggevat en het die volgende gesien:   Daar is 'n wiel van twaalf "en kyk", rondom die wiel is dit laataand. "Bo-op die wiel is daar stene wat die gekluisterdes behou.", se 'n Stem. Die stene…
Friday, 21 September 2018 08:00

Openbaring 3

Written by
  Openbaring 3 ontvang op 24 Julie 2018 “Raak rustig MY kind en skryf vir MY. Raak kalm in jou hart en fokus op MY. MY Volk is arm en honger! MY Volk het MY Brood nodig, meer as wat hulle dit besef. Elke dag bring EK MY Brood en Voedsel na jou, geliefde in MY!   Voorwaar EK sê vir elkeen van julle, as julle nie nou julle olielampe vol maak en voorberei nie, sal julle nie in die tye wat kom oorwin in MY Liefde nie! Julle sal die Bruilof nie haal nie! MY Volk, MY Huis van…
Friday, 21 September 2018 08:02

Openbaring 4

Written by
  Openbaring 4 ontvang op 26 Julie 2018 “Skryf nogmaals vir MY Dogter van Sion! Skryf vir MY Huis van Juda! Kan julle voel hoe MY Klipwiel draai? Besef julle MY Liefdeskrag daarin? Kan julle in geestesoog ervaar hoe MY Sewe hard werksaam is om julle voor te berei? EK praat met julle, EK voed julle, EK gesels met jou MY Boerevolk! Moet EK Myself weereens herhaal en weereens vir julle laat beklemtoon hoe lief EK julle het? Het julle vergeet al MY Beloftes? Bewaar MY Woord en Brood! Deel uit en hou aan uitnooi hulle wat nog maer is.…
Friday, 21 September 2018 08:03

Openbaring 5

Written by
  Openbaring 5 ontvang op 28 Julie 2018 “Skryf MY kneg, skryf met erns, vrywilligheid en gehoorsaamheid aan MY, jou Gewyde VADER, EK IS WAT EK IS! Oor en oor is dit bewys dat diegene wat MY Waarheid verwerp, nog altyd MY, MY kinders en MY knegte vervolg en verag het. Hierdie natuur wat sy oorsprong het uit die oer oue groot rebellie, gebeur binne MY Volk in MY Suid-Afrika, MY Boerevolk! EK sê vir julle, julle sal nooit ‘n Volk wees sonder opregte Liefde vir mekaar nie!   EK IS SPREEK! MY Klipwiel sal nie momentum verloor en teengewerk…
Friday, 21 September 2018 08:05

Openbaring 6

Written by
  Openbaring 6 ontvang op 30 Julie 2018 “Wees stil en weet EK IS LIEFDE! Raak stil in jou aarde en laat EK spreek in jou gees. EK IS jou Liewe Vader, EK wat jou lei tot MY Lig deur Waarheid. MY Boerevolk, EK IS jou VADER! MY Dogter van Sion, weet dat EK IS jou Leier en Verlossing. MY Dogter, EK wil hê jy moet weet dat vandat MY Klipwiel van Lig in jou begin draai het, is daar groot geestelike aktiwiteit werksaam. Beide goed en sleg.   Goed, bedoelende, EK wat MY Brood bring deur jou en andere…
Friday, 21 September 2018 08:07

Openbaring 7

Written by
  Openbaring 7 ontvang op 31 Julie 2018   “MY kneg, MY kind, skryf weer aan MY Volk! Wees kalm en loop oor die waters! Heers oor jou aarde! Heers oor MY Skepping! Skei die Lig en die duisternis met MY Lieflingsteen! EK IS! Luister in jou hart na wat EK vir jou sê. Gaan nou dadelik en met haas! Lees in die Evangelie van MY volgeling en geliefde kneg! Mattheus is sy naam. Kyk, EK het hom innig oneindig lief! Gaan lees die eerste drie verse van die derde hoofstuk en ook, voeg dit by hierdie skyfwerk van MY…
Friday, 21 September 2018 08:08

Openbaring 8

Written by
  Openbaring 8 ontvang op 2 Augustus 2018   “MY kinders, julle moet weet dat julle wat jul harte vir MY gee en MY Opdragte gehoorsaam uit Liefde, daar is groot seëninge oor julle gebring deur MY Krag en Lig. Wees geduldig en kalm in hierdie tyd en die duister tye wat kom. EK IS by jou en in jou. Seël jou hart af met MY Gees en hou aan trek oor die draak wat jou wil verniel en verlei! Moenie laat wêreldse dinge jou laat vrees of laat fokus verloor op jou doel vir MY nie. Hou aan Liefde…
Friday, 21 September 2018 08:10

Openbaring 9

Written by
  Openbaring 9 ontvang op 3 Augustus 2018   “MY kneg, EK IS! Hier is EK! Raak rustig in jou hart. Jy is toornig teenoor jou en MY Volk. EK ken jou hart en het jou geken voordat jy voet neergeplaas het op hierdie aarde. EK sluit die monde van die vyande! Hulle woorde en dade val op klippe en lei na niks! EK IS Almagtig! Luister nou na MY! EK gee nou hierdie Opdrag aan jou en MY ander knegte van MY Volk. EK spreek dit in die harte van MY kinders! Hier is dit: Deuteronomium 28! EK Wil…
Friday, 21 September 2018 08:11

Openbaring 10

Written by
  Openbaring 10 ontvang op 6 Augustus 2018 “Aan jou spreek EK in jou hart, MY kneg! Raak weer stil en fokus op MY Woord en teken op die Stem van MY Vaderhart. Kyk, daar is weinig knegte, so min, en min het nog MY Opdrag ter harte geneem van Deuteronomium 28 en ook die seën en belofte van MY Klipwiel. MY Woord is Getrou en MY Opdragte sal by elkeen van julle uitkom op welke manier EK dit aan julle oordra. Die jong vrou het begin dans om MY Boom! Aan MY knegte wat wel MY Opdrag uitvoer en…
Page 1 of 2